Filippense 2:1-11
Christelike eenheid lê nie in uiterlike faktore soos taal, velkleur, denominasie of persoonlikheid nie. Dit lê in God Drie-Enig. Om die eenheid tussen ons te bevorder, moet ons daagliks in 'n verhouding met Hom lewe. As elke Christen so lewe en ander bo homself stel, sal die onderlinge eenheid floreer. 'n Boodskap deur Gideon Strauss.