Coram Deo Cover Image

Coming soon...

16 September 2025

'n Lewe aan God gewy

Genesis 5:21-24

Henog se naam beteken toegewy. Hy het waarlik die betekenis van sy naam uitgeleef. Onthou dat hy dit voor Jesus se kruisdood, opstanding en hemelvaart gedoen het; voor die uitstorting van die Heilige Gees. Hy het nie een Bybelboek gehad nie, nogtans het hy in ’n bose wêreld saam met God gewandel. Sê jy jy kan nie, omdat jy te besig is? Dit is net ’n verskoning. Jy maak tyd vir wat jy geniet en vir jou belangrik is. As jou kind more van oorsee af kom kuier, maak jy tyd om hom of haar by die lughawe op te laai. As jy volgende week hoor dat jy vlak 4 kanker het, sê jy nie jy is te besig om die onkoloog te sien nie—jy maak tyd. As jy eers die lieflikheid van Christus gesien het en gemeenskap met Hom gesmaak het, verdwyn al jou verskonings. Baie gelowiges deur die geskiedenis kan beaam wat Stuart Olyott sê: “Those who have had life-changing encounters in the secret place do not stay away from that place for very long.” 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë