Coram Deo Cover Image

Coming soon...

3 February 2026

'n Fontein van vergifnis

Sagaria 13:1

Die meeste Suid-Afrikaners veronderstel dat Jesus vir sondaars gesterf het, maar hulle waardeer dit nie. Hoekom nie? Want hulle besef nie hoe groot hulle dilemma is nie; hulle verstaan nie hoe ernstig hulle sonde is nie. Hulle dink 'n eenvoudige gebedjie maak alles reg. God dink nie so nie; die brutale dood van Jesus aan die kruis bewys dit. Ons sonde verdien die ergste denkbare straf. Eers as jy die erns van jou eie sonde sien, sal jy die kruis koester sodat jy saam met Paulus sê: "Ek het besluit om by julle van niks anders te weet nie as van Jesus Christus, en Hom as gekruisigde... Maar wat my betref, mag dit my tog nie oorkom dat ek my op iets beroem nie, behalwe op die kruis van ons Here Jesus Christus, waardeur die wêreld vir my gekruisig is, en ek vir die wêreld." (1 Kor. 2:2, Gal. 6:14). Eers as jy sien hoe vuil jy is, sal jy die fontein van vergifnis waardeer. 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë