Coram Deo Cover Image

Coming soon...

27 October 2025

Krag deur Gebed

Efesiërs 6:18-20

    1. Bid saam met ander. Goed om op jou eie te bid, maar Paulus praat met die hele gemeente. Hy praat van gesamentlike gebed. ʼn Biddende kerk is ʼn bedryging vir Satan.
    2. Bid ten alle tye. Paulus het herhaaldelik aan gemeentes vertel hoe gereeld hy vir hulle bid en so vir ons ʼn voorbeeld gegee. Jy kan bid terwyl jy bestuur of enige ander tyd, al is dit net ʼn skietgebed. Jesus bid sonder ophou vir ons. Ons kan ons eie biddeloosheid aan hom belei en op hom vra onm ons so getrou in gebed soos hyself te maak.
    3. Bid altyd in die Gees. Mooi woorde sonder werklike oortuiging en geloof mag dalk mense beindruk, maar ware gebed gaan oor baie meer as woorde. Ware gebed is om in volle oorgawe aan God en in geloof aan Jesus Christus onder leiding van die Heilige Gees in gesprek met God te wees.
    4. Bid met alle gebed. Gebed moet nie net ʼn inkopielys wees van behoeftes wees nie. Soos die Onse Vader leer moet daar lofprysing, danksegging en bidding vir ander ook wees.
    5. Bid met alle volharding. Die heel laaste ding wat die gemeente moet afskeep is gebed.
    6. Bid vir al die heiliges. Die nowm van name is nie genoeg nie, ons moet bid vir spesifieke mense volgens hulle unieke behoeftes.
    7. Bid vir jou leraar. Hulle het net so veel soos ander gemeentelede gebed nodig, miskien selfs meer want Satan se aanslag teen hulle is dikwels erg—hulle het gebed nodig om staande te bly.

    'n Boodskap deur Ivor Jefferies

Kategorieë