Coram Deo Cover Image

Coming soon...

2 January 2025

Jou metgesel vir die nuwe jaar

2 Korintiërs 13:13

’n Ongelowige gaan alleen deur die lewe. Hy kan maar sê sy geliefdes is by hom, maar wanneer die dood aan sy deur kom klop, sterf hy alleen en sonder hoop. In die hel sal hy weet hy is hopeloos verlore en verlate.

Die gelowige daareenteen het die belofte van God se teenwoordigheid: “Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly met julle almal.” Dit geld vir hierdie lewe, sowel as die volgende. ’n Christen se troos is nie dat die nuwe jaar geen probleme inhou nie, maar dat die Here altyd by hom is. Hy is nie alleen in die leeukuil of die vuuroond nie, die Here is met hom.

God los jou nie soos ’n bruid voor die kansel nie. Toe Jesus sterf, het hy gesê: “My God, my God, waarom het U My verlaat?”, sodat ons dit nooit hoef te sê nie. Nou kan ons met vrymoedigheid sê: “Hy sal jou nooit in die steek laat en jou nooit verlaat nie.” 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë