
Johannes 16:33
Hebreërs 1 leer vir ons dat Jesus die groot Profeet en finale openbaring van God is. Hy is die Seun van God, die Skepper en erfgenaam van alle dinge. Hy is die glans van God se heerlikheid en die presiese afdruksel van sy wese. Hy is ons Verlosser en mede-Koning saam met die Vader. Sy Naam is bo elke naam in die hemel en op aarde. Dit is hierdie Jesus wat ons sy vrede gee en sê: “In die wêreld ervaar julle swaarkry; maar hou moed, Ek het reeds die wêreld oorwin.” (Joh. 16:33). ’n Boodskap deur Koos van der Westhuizen.

