Coram Deo Cover Image

Coming soon...

15 April 2025

Herstel ons, o God!

Psalm 126

Gedurende my kinderjare op Louis Trichardt het ons gemeente 'n tyd van geestelike voorspoed geniet. Mense van tien of elf verskillende nasies het by die gemeente ingeskakel. Kinders het tot bekering gekom. Die eenheid en liefde onder die mense was tasbaar. Die lering was suiwer en die evangelie het uitgegaan. In my eie bediening in Kemptonpark het ons iets soortgelyk beleef. Ons gebedskamer het te klein geword vir almal wat wou bid, sodat ons 'n oorvloei-vertrek moes inrig. Op Saterdae het ons die evangelie in die strate en by 'n hawelose skuiling verkondig. Ons het sewe leke-predikers opgelei wat die evangelie deur Gauteng begin verkondig het. Die gemeente het geweldig gegroei. Die mense het mekaar gedien en liefgehad. Onthou jy so iets in jou eie gemeente of uit jou kinderjare? So het Israel haar geskiedenis onthou en met heimwee terug verlang. Sal ons nie 'n groot oes inbring as ons met trane saai, terwyl ons die evangelie verkondig nie? Mag die Here ons spoedig antwoord. 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë