
Rut 4:1-11a
Is jou huwelik ’n gemors? Wil jy dit regstel, maar jy weet nie hoe nie? Jesus spesialiseer daarin om dit wat stukkend is, reg te maak. Eintlik doen Hy meer as dit, omdat Hy nie net gebroke mense herstel nie, maar hulle geheel en al nuut maak. En wat vir die Christelike lewe geld, geld net so vir die huwelik: “namate die sonde toegeneem het, het die genade nog soveel oorvloediger geword.” (Rom. 5:20). “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepping. Die ou dinge het verbygegaan—kyk, hulle het nuut geword.” (2 Kor. 5:17). ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

