
Haggai 1
Soms raak Christene en gemeentes geestelik lou. Jesus het vir die gemeente in Laodisea gesê: “Ek ken jou dade, dat jy nóg koud, nóg warm is. Was jy nou maar koud of warm! Maar omdat jy louwarm is—nóg warm, nóg koud—gaan Ek jou uit my mond spoeg.” Dit gebeur selfs met volwasse Christene. Daarom sê Paulus vir Timoteus: “Om hierdie rede herinner ek jou om die genadegawe van God, wat in jou is, deurdat ek jou die hande opgelê het, opnuut aan te vuur.” Voel jy geestelik lou en flou? Hoe kan jy jou passie vir Jesus hernu? ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

