Coram Deo Cover Image

Coming soon...

18 August 2026

God se finale Woord

2 Korinthiërs 3:7-11

Die wet maak dood; die evangelie maak lewend.

Die wet veroordeel; die evangelie maak regverdig.

Die wet is tydelik; die evangelie duur vir ewig.

Die wet leen sy lig by God net soos die maan sy lig by die son leen, maar soos die son dra die evangelie sy eie lig.

Die son skyn 400 000 keer helderder as die maan, en so is dit met die wet en die evangelie.

Die gaan my verstand te bowe dat mense onder die vaandel van Christenskap na die Ou Testamentiese tempel, priesters, diereoffers, voedselwette, Sabbat, Feeste en besnydenis toe wil terugkeer. Duidelik fungeer Hebreërs, Galasiërs en 2 Korinthiërs 3 nie in hulle teologiese raamwerk nie.

Maar is dit nie so dat ons elke Sondag die Tien Gebooie moet voorlees nie? Natuurlik glo ons die Tien Gebooie, maar nie meer as 'n wet wat op kliptafels geskryf is nie. Die Heilige Gees het dit as 'n lewende Woord op ons harte geskryf, sodat ons God kan en wil liefhê (Eseg. 36:25-27, Rom. 8:4, 2 Kor. 3:6, Heb. 8:10). Om hierdie rede lees en verkondig ons Moses nie as 'n wet waardeur ons gered moet word nie, maar in soverre Hy ons na Christus toe wys (Luk. 24:27, Joh. 5:46, Gal. 3:24). Ons hak nie vas by die Tien Gebooie nie, maar ons gaan verder tot by die evangelie. In stede daarvan dat ons na Moses vra, sê ons saam met die Grieke in Joh. 12:21: “Meneer, ons wil Jesus sien.”

'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë