Coram Deo Cover Image

Coming soon...

1 January 2025

God laat alles ten goede meewerk

Genesis 37-50

My suster het deur John Bunyan se Pilgrim's Progress tot bekering gekom. Bunyan het sy  boek geskryf, omdat hy vir die evangelie in die tronk beland het. Hoe het Bunyan tot bekering gekom? Hy het Martin Luther se kommentaar op Galasiërs gelees. Hoe en hoekom het Galasiërs in ons Bybel beland? Vals leraars het die Galasiër-gemeentes binnegedring, daarom moes Paulus 'n brief skryf om hulle te weerlê. Hoe het die Galasiërs in die eerste plek tot bekering gekom? Paulus was op 'n sendingreis, maar was te siek om verder te reis. Terwyl hy in hulle omgewing was, het hy die evangelie met hule gedeel: "Julle weet dat ek die eerste keer weens my siekte die evangelie aan julle verkondig het" (Gal. 4:13). So, hoekom het my suster tot bekering gekom? Want Paulus het siek geword. Wat doen die Here nie alles deur jou beproewing nie? Ek weet vir seker dat hy alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet. In Genesis 37-50 sien ons dit in Josef se lewe. 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë