
Rut 2:13-23
Naäman was die generaal van die Siriese weermag. Hy was melaats en het na Elisa toe gekom om genees te word. Elisa het nie eers die moeite gedoen om uit die huis te kom nie, maar het 'n boodskap gestuur om te sê hy moet hom sewe keer in die Jordaanrivier gaan was. Toe Naäman dit hoor, was hy woedend. Hy het gehoop die profeet sou ten minste uitkom, sy hand waai en hom genees. Daarop het hy hom omgedraai om terug te keer huistoe. Sy knegte sê toe: "Generaal, hoor jy nie wat die profeet sê nie? Gaan was jouself en jy sal genees word!" Naäman het ag geslaan, homself sewe maal in die Jordaan gaan doop en is volkome genees.
Is ons nie dikwels soos Naäman nie: omdat die Here nie op 'n wonderbaarlike manier ingeryp nie mis ons sy hand en dink ons Hy het ons vergeet? Maar die Here werk normaalweg deur alledaagse omstandighede en gewone mense. Sien dit raak. Sien Hom raak. Hy het jou nie vergeet nie. 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

