
Rut 3:10-18
Met die baie reën het ons kerk se dak begin lek. Al betaal ons die versekering elke maand ’n goeie som geld, het hulle besluit hulle gaan niks uitbetaal nie. Skelms. Maar selfs eerlike mense kan nie altyd ’n goeie uitkoms vir seker nie. Omstandighede kan in die pad staan. Met die Here is dit anders: “Hy wat julle roep, is getrou en sal dit doen... want Hy wat die belofte gemaak het, is getrou... waarvolgens dit vir God onmoontlik sou wees om te lieg” (1 Tess. 5:24, Heb. 10:23, 6:18). Jy kan Hom met jou hele hart vertrou. ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

