Handelinge 20:28
Party mense teken beswaar aan teen my tema en sal sê: "Ek is nie lief vir die kerk nie, maar vir Jesus." Dit is 'n vals onderskeid, want Jesus self het die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê (Hand. 20:28, Ef. 5:25). Hoe kan jy sê jy het die Hoof lief, maar nie die liggaam nie; die Herder, maar nie sy kudde nie; die Bruidegom, maar nie sy bruid nie? Wys jou liefde vir Jesus deur jou liefde en toewyding aan 'n plaaslike gemeente. 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.