
Matteus 6:11-13
As pa dra ek die las van my kinders se redding, geestelike groei, sonde, versoekings, siekte, werk, probleme, karakterontwikkeling, toekomstige lewensmaats, ens. op die hart. Hoeveel te meer dra ons hemelse Vader nie sy kinders se laste nie? Die groot verskil is dat ek nie die hulpbronne het om in al my kinders se behoeftes te voorsien nie. Ons hemelse Vader het dit. Hy is genoeg en besit alles wat ons nodig het. 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

