Coram Deo Cover Image

Coming soon...

6 January 2026

Die sleutel tot 'n vrugtevolle nuwe jaar

Johannes 15:1-8

Kara het haar voorgeneem om Jesus se voorbeeld in die Bybel dop te hou en so te probeer lewe. Ongelukkig het sy dit onderstebo, omdat sy by die vrug eerder as by die wortels begin. Sy kan net sowel ’n boks druiwe koop en dit aan ’n wingerd vasgom. Dit werk nie. Om vanjaar en deur die res van jou lewe goeie vrug te dra, moet jy in Christus bly en Hy in jou. Jy moet deur geloof en deur sy Gees met Hom verenig wees: “Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot nie uit sy eie vrug kan dra as dit nie in die druiwestok bly nie, so julle ook nie as julle nie in My bly nie. Ek is die druiwestok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrug, want sonder My kan julle niks doen nie.” ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë