
2 Korinthiërs 3:12-16
Terwyl ek studeer het, sê een van my dosente eendag: “Die Ou Testament praat nie van Jesus nie.” Die Jode in Jesus se tyd het dieselfde gesê. Jesus het hulle as volg aangespreek: “Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. Maar julle wil nie na My kom, sodat julle die lewe kan hê nie… As julle Moses geglo het, sou julle My geglo het; hy het tog oor My geskryf. Maar as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?” (Joh. 5:39-40, 46-47). Charles Spurgeon het by wyse van illustrasie gesê: “Don’t you know...that from every town, and every village, and every little hamlet in England, wherever it may be, there is a road to London?...and so from every text in Scripture, there is a road to the metropolis of the Scriptures, that is Christ.” Sonder die Heilige Gees kan jy Hom nie sien nie, maar word die wet vir jou ’n stel reëls waardeur jy gered moet word. ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

