
Rut 4:11b-22
Die Kind wat die wêreld verander het, is nie Gretha Thunberg wat as 'n 15-jarige die Verenigde Nasies oor klimaatsverandering aangevat het nie. Jesus is die Kind wat die wêreld verander het: die wêreldkaart (waar Christene oral voorkom) , ons kalender, die geskiedenis, die politiek en ekonomie van lande, en meer. Hy is Jes. 9:5 se Kind wat vir ons gebore is. Sy storie begin in die ewigheid, word vir die eerste keer in Genesis 3 bekendemaak, en word 'n werklikheid wat ons lewens verander. Hy is nie maar net die Kind wat die wêreld verander nie, maar die Kind wat my persoonlik verander het. My naam is in sy stamboom en ek het 'n storie om te vertel? Kan jy dieselfde sê? 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

