Coram Deo Cover Image

Coming soon...

10 June 2025

Die hart van die verbond is 'n verbondshart

Hebreërs 8:6-13

’n Verbond is ’n plegtige ooreenkoms tussen twee partye. Dink byvoorbeeld aan ’n huwelik tussen ’n man en ’n vrou. Voor God en getuies belowe hulle trou aan mekaar. Dit is meer as ’n kontrak, maar hulle sweer ’n plegtige eed. Net so baseer die Bybel ons verhouding met God op ’n onbreekbare verbond. Onder die ou verbond het die Israeliete hulle kant van die verbond verbreek; daarom het God ’n nuwe verbond ingestel. Onder hierdie verbond sluit Hy die ooreenkoms, maar word Hy ook mens om die verbondsterme in ons plek na te kom. Hy gee vir ons ’n nuwe hart en plaas sy Gees in ons binneste, sodat ons die verbond kan en wil nakom. Dit is waarlik ’n onbreekbare verbond wat vir ewig sal duur en gee vir die Christen hoop dat die Here ons nooit sal verlaat nie, maar dat ons vir ewig syne is. ’n Boodskap deur Gideon Strauss.

Kategorieë