1 Korintiërs 12:14-26
Gestel jou oë wil ’n film kyk, maar jou ore luister nie saam nie. Wat sal gebeur as jou hande iets by die winkel wil koop, maar jou voete besluit hulle gaan nie saam nie? Om effektief en gemaklik te lewe, benodig jy elke deel van jou liggaam. So is dit in die gemeente: ons het die geringste gawes nodig. Wat help dit iemand lewer ’n eersteklas boodskap as niemand vir die prediker bid of opdaag om te luister nie? Wat sal gebeur as die koster sê: “My gawe is gering; ek gaan nie Sondag die gebou oopsluit nie”? Of as die persoon wat die nagmaaltafel dek nalaat om dit te doen? Om Jesus vir die wêreld te wys, het ons elkeen se gawe nodig; ook sogenaamde middelmatige gawes. ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.