Coram Deo Cover Image

Coming soon...

25 March 2025

Die gawes van die Gees: Geloof wat berge versit

Markus 11:20-25

Omtrent 150 jaar gelede het George Müller vir meer as 10 000 weeskinders gesorg. Hy het nooit vir geld gevra nie, maar het die Here vertrou om vir die kinders te sorg. Daar is hordes getuienisse van hoe die Here wonderbaarlik voorsien het. Tog het Müller self gesê hy het nie die gawe van geloof waarvan ons in 1 Kor. 12:9 lees nie. Müller het die Here eenvoudig op sy Woord gevat en geglo Hy sal sy beloftes vervul: "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en Hy sal al hierdie dinge vir julle byvoeg... En my God sal in al julle behoeftes voorsien na sy rykdom in heerlikheid in Christus Jesus." Om egter so te glo, is nie die gawe van geloof nie. Laasgenoemde gebeur wanneer jy nie 'n spesifieke belofte het dat die Here iemand gaan red of hulle genees nie, maar terwyl jy besig is om te bid, weet jy skielik bo alle vertwyfeling die Here het jou verhoor, en dat jy kan begin dankie . Baie gelowiges deur die geskiedenis kon al van die waarheid van Jesus se woorde in Mark. 11:24 getuig: "Daarom sê Ek vir julle, alles waarvoor julle bid en vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so gebeur." 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë