Ons word dikwels geintimideer deur ʼn probleme in ons lewens. Die probleem is dat ons God as te klein sien en vaskyk in die Goliats in ons lewens. Die antwoord is om op te hou om te wil vertrou op ons eie vaardighede en om in ons swakheid te vertrou op die krag van God. God gebruik die foute wat ons maak, maar ook die oorwinnings bereik in ons lewens om ons toe te rus en om ons te leer dat ons op ons eie nie uitdagings gaan oorkom nie. Die wêreld sien nie meer God nie omdat hy nie meer sigbaar is in die lewens van Christene nie. 'n Boodskap deur Koos van der Westhuizen.