Coram Deo Cover Image

Coming soon...

6 October 2026

Die Lig van die wêreld

Numeri 8:1-4

Die menora of kandelaar in die tabernakel het sewe olielampe bo-op gehad. Die doel was om lig te gee, omdat daar nie vensters in die tabernakel was nie, maar dit was ook heenwysend na Christus wat die Lig van die wêreld is (Joh. 8:12). Vandag is daar nie meer 'n tabernakel nie, maar volgens Matteus 5:14-16 en Openbaring 1-3 skyn Christus sy lig deur die kerk wat die sewe kandelare is. Om hierdie rede kan ons nie net inwaarts fokus en 'n gelukkige gemeente wees nie. Ons moet die verlore wêreld rondom ons bereik. As ons dit nie doen nie, het ons ons doel gemis en sal Jesus ons kandelaar uitdoof. 'n Boodskap deur Pieter du Plessis.

Kategorieë