Coram Deo Cover Image

Coming soon...

9 June 2026

Geloofwaardige Christenskap

2 Korinthiërs 1:15-20

Nuwe Testamentiese Christenskap is nie ’n sensoriese ervaring waardeur jy huil en hoendervleis kry sonder om te weet hoekom nie. Wie so voel, sonder dat hy die waarheid van die Woord begryp, verstaan nie Bybelse Christenskap nie. Nogtans stop ware Christenskap nie by die intellek nie, maar dit sluit ’n ervaringskennis van die lewende Christus in. “An experience of grace,” noem Paulus dit in 2 Kor. 1:15 (ESV). Tensy jy die Here Jesus Christus ervaar, verstaan jy nie Bybelse Christenskap nie. Verder gaan ware Christenskap oor meer as ’n Sondag-boodskap, of jou stiltetyd in die oggend—dit gaan oor ’n algehele integriteit waardeur jy die Here by alles in jou lewe insluit. As ons Christenskap so definieer, wonder ek hoeveel mense in die kerk werklik Christene is. ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë