
2 Korinthiërs 1:8-11
Het jy al ooit iemand wat swaarkry hoor sê: “Ek gaan deur hel”? Selfs Christene sê dit. Dit is onwaar, want die hel is baie erger as enigiets wat jy op aarde kan deurmaak. Buitendien gaan geen gelowige deur hel nie, omdat Jesus ons lyding heilig. Hy versoet die bitter medisyne. As die Vader van vertrooting is God met sy kinders wanneer hulle deur die vuur gaan. Jy is nie alleen nie. ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

