
2 Korinthiërs 1:1-2
Hoe moet dit wees as jy iemand waarlik liefhet, maar hulle wantrou jou aanhoudend staan jou teë? Paulus weet hoe dit voel, want so het die Korinthiërs hom hanteer. In geen brief openbaar hy sy hart soveel as in 2 Korinthiërs nie. Wat vir sy tranebrief geld, kan ons van 2 Korinthiërs sê: "Want met groot kwelling en angs in my hart het ek deur baie trane heen aan julle geskryf, nie om julle te bedroef nie, maar dat julle kan weet van die liefde wat ek in so 'n groot mate teenoor julle koester." (2:4). Eintlik openbaar Paulus maar net God se hart. Hy wys vir ons hoe God voel teenoor die wat Hom aanhoudend verwerp en teenstaan. Ja, sy hart is vol liefde en smart vir sulke mense; vir jou en my, en vir die mense met wie jy konflik het. 2 Korinthiërs is as't ware God se hart op papier. 'n Boodskap deur Ivor Jefferies

