
1 Korintiërs 15:12-34
Wat is die verskil tussen ’n Joodse sinagoge en die kerk van Jesus Christus? Die opstanding. Sonder die opstanding is ons geloof tevergeefs en kan Christenskap nie bestaan nie; dan “is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.” Daarom is dit geen klein saak wanneer sekere teoloë Jesus se liggaamlike opstanding ontken nie. ’n Boodskap deur Pieter du Plessis.

