Coram Deo Cover Image

Coming soon...

8 April 2026

Die Here sal voorsien

Genesis 22:1-14

God het Abraham gevra om sy geliefde seun te offer, maar het gekeer voor hy dit kon doen. God het sy geliefde Seun geoffer, maar Hom nie gespaar nie.

Abraham het die offerhout op sy seun gelaai. God het die kruis of offerhout op sy Seun gelaai.

Abraham het vir Isak op die altaar gebind. God het sy Seun aan 'n kruishout laat bind.

Abraham het 'n ram in Isak se plek geoffer. God het sy Seun as Offerlam in ons plek geoffer.

Abraham het as't ware sy seun uit die dood teruggekry. God het sy Seun op die derde dag uit die dood opgewek.

Genesis 22 is die evangelie in 'n neutedop. Hier het ons 'n voorskou van Jesus wat in ons plek aan die kruis gesterf het. 'n Boodskap deur Len Pretorius.

Kategorieë