
Matteus 11:28-30
2025 was ’n baie moeilike jaar vir ons gemeente. Uit 'n gemeente van 90 tot 100 mense, het twee mense terminaal siek geword. Ten minste drie mense was vir langer as 50 dae in die hospitaal. Sowat vyftien mense het geliefdes aan die dood afgestaan, waarvan twee sterftes rampspoedig was. Dan was daar intense versoekings en die swaar las van sonde. Ek is seker ons gemeente is nie uniek nie, maar baie mense gaan gebuk onder swaar laste. Wat is jou las? Jesus sê: “Kom na My toe.” ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

