Coram Deo Cover Image

Coming soon...

26 January 2013

Jesus se metode vir gebed

Jesus praying on mountain

Ek het die onderstaande metode voor en agter op 'n boekmerkie laat druk vir ons gemeente.  Jy kan dieselfde doen en dit in jou Bybel hou.  Jy kan hierdie gebed in 5 minute bid of jy kan dit uitrek tot 'n uur.

Ons:  Bid vir en saam met ander Christene.

 

Vader:  Wees vrymoedig.  Ps.103:13, Heb.4:16.

 

wat in die hemele is:   Bid met respek.

 

laat u Naam geheilig word:  Bid dat ons sy Naam eer met heilige woorde en dade.  Eks.20:7, 1 Pet.1:15-16.

 

laat u koninkryk kom:  In ons (Luk.17:20-21), onder ons (as Hoof van sy kerk), deur ons (evangelisasie), vir ons (die wederkoms).

 

laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde:  Konstante, volkome, onmiddellike, liefdevolle, vreugdevolle gehoorsaamheid.

 

gee ons vandag ons daaglikse brood:  God voorsien in ons nood deur reën, wysheid, werk, mededeelsaamheid, wonderdade.  Ook geestelike brood (Matt.4:4).

 

en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe:  Vergewe ander as jy bid (Mark.11:25).  Bely daagliks jou eie sonde.

 

en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose:  Bid vir beskerming teen die wêreld, die vlees, en die duiwel.

 

Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.  Amen.

 

(Matteus 6:9-13)

Kategorieë