Spreuke 31:10-31
Die meeste ongelowiges het ’n verdraaide idee van huisvroue en sien dit as die verouderde idee van hiper-konserwatiewe Christene. Volgens hulle het huisvroue ’n agterstand en is hulle onkundig oor wat in die wêreld aangaan. Derhalwe kan hulle nie ’n intelligente gesprek voer nie en mis hulle uit op die lewe. Hulle dra nie by tot die samelewing nie en word deur hulle mans gedomineer. Hulle voer ’n nuttelose bestaan deurdat hulle hulle kinders grootmaak.
Sommige mense kry hulle idee van huisvroue uit TV-reekse en sepies. In húlle gedagtes lê huisvroue heeldag in die winkels waar hulle hulle mans se geld blaas. Of hulle sit vir ure op die foon, kuier by vriendinne, skinder en raak betrokke in buite-egtelike verhoudings by die ‘gym’. Ongelukkig ís daar sulke huisvroue, maar die Bybel praat dit nie goed nie: “Boonop kom hulle in die gewoonte om ledig te wees terwyl hulle so van huis tot huis kuier, en is hulle nie net ledig nie, maar hulle skinder, en is bemoeisiek, en praat oor onvanpaste sake.” (1Tim. 5:13).1
Volgens die Bybel is ’n goeie huisvrou iemand wat lojaal is aan haar gesin. Sy beskou dit as haar Godgegewe roeping om haar kinders op te voed en haar huis in orde te hou. Dit is hoe sy Spr. 31 verstaan. Omdat elke vers met die volgende letter van die Hebreeuse alfabet begin, kan ons Spr. 31 ‘die ABC van ’n goeie huisvrou’ noem.
1. Haar waarde (v.10, 28-31)
Iets wat baie skaars is, is gewoonlik ook waardevol. Dink maar aan ’n Ferrari. ’n Goeie huisvrou is so. Sy is sterk, welvarend, ryk, doeltreffend, bekwaam, vermoënd, waardig, knap en deugsaam [v.10, Rut 3:11, chayil]. Edelstene, robyne, korale en pêrels [v.10, peninim] is nie genoeg om die bruidsprys vir haar te betaal nie. “’n Huis en besittings is ’n erflating van ouers, maar ’n verstandige vrou is van die Here.” (19:14). Moet dan nie dat die wêreld vir jou sê ’n huisvrou is waardeloos nie. Volgens v.10 is ’n knap huisvrou skaars en daarom ook waardevol. Suksesvolle sakevroue daarenteen is redelik volop.
Om ’n knap huisvrou se waarde te verstaan, help dit nie om iemand te vra wat dink dat sy die hele dag sepies kyk nie. Vra liewer die mense wat jaar in en jaar uit met haar saamlewe; haar man en haar kinders. Haar kinders tree na vore en noem haar gelukkig (v.28). Hulle ken haar as iemand wat vreugde vind om haar gesin te dien en mense in haar huis te verwelkom (v.28). Hulle sien dit veral as hulle die huis verlaat en hulle eie gesinne begin. Dan besef hulle wat die stof is waarvan die Here haar gemaak het en dat sy ’n vrou uit die boonste rakke is (v.28). Ek was onlangs by ’n begrafnis waar ’n vrou se kinders so van haar gepraat het. Spurgeon het dieselfde van sý ma gesê: ‘Never could it be possible for any man to estimate what he owes to a godly mother.’2
Die kanse is klein dat kinders dit van hulle ma sal sê as sy van sonop tot sononder by die werk is. Ek dink hier aan ’n vrou wat so gewerk het. Toe haar kinders die huis verlaat, het hulle hulle ma verwyt. ’n Knap huisvrou se kinders sal die Here vir haar dank. As hulle dit nie nou doen nie, sal hulle hopelik later besef wat hulle in hulle ma gehad het. John Newton het dit besef. Sy ma is dood toe hy 6 jaar oud was. Omdat sy hom egter van die Here geleer het, het sy indruk op hom gemaak. Toe hy ’n volwasse man was en tot bekering gekom het, het hy sy ma onthou en die Here vir haar gedank.3
Buiten dat die knap vrou se kinders haar prys, prys haar man haar ook (v.28). Wyle Martin Holdt was so en het met die hoogste lof van sy vrou Beryl gepraat.4 Hy het geweet dat sy nie die enigste knap vrou in die wêreld is nie, maar in sy oë was sy bo-aan die lys (v.29). Dit beteken nie dat elke knap huisvrou uiterlik die mooiste is nie, maar sy styg uit bo die res, omdat sy die beste karakter het (v.30). Haar skoonheid is innerlik en sal nie vergaan soos die gepleisterde gesigte, plastiek naels en kantoor-pakkies van sommige vroue nie (2Kor. 4:16, 1Tim. 2:9-10, 1Pet. 3:3-4).
Prys jy jou vrou so? Prys jy haar hoë roeping as huisvrou, of maak jy asof dit substandaard is en sy nie haar talente en vermoëns so moet mors nie? Kinders: bedank jy jou ma vir wat sy vir jou doen? Of beskou jy dit as ’n gegewe dat jy skoon beddegoed, ’n warm bord kos, gestrykte klere en ’n skoon huis het?
Leer om gereeld dankie te sê (v.28-29). Gee vir jou vrou sakgeld en laat sy van haar wins geniet (v.18, 21-22, 24). Moenie dat sy al haar wins op die huishouding spandeer nie, maar sorg dat sy geld vir haarself het (v.31). Gee haar die eer en respek wat haar toekom (Rom. 13:7). Praat goed van haar voor ander. Dit is wat die man in v.23, 31 in die stadspoorte gedoen het. Die mense wat hom gehoor het, het saamgestem (v.31). Hulle het haar nie net geprys omdat haar man mooi klere en lekker toebroodjies het nie, maar omdat hulle van haar godvresende, hardwerkende en lojale karakter gehoor het. As die mense by jou man se werk hoor dat jý so vrou is, sal hulle wéns hulle vroue was so. Dan sal hulle besef dat huisvroue nie op ’n laer vlak as vroue in die sekulêre bedryf is nie, maar dat hulle in baie gevalle ’n trappie bo die res is.
2. Haar werk (v.13-20, 24-25)
Omtrent 10 jaar gelede het my vrou ’n beradingkursus gedoen. Vir ’n week lank het sy elke oggend 06:00 gery en 18:00 by die huis aangekom. Buiten vir my gewone werk, moes ek kos maak, die kinders bad en aantrek, en die huis opruim. Na hierdie episode het ek nuwe respek vir my vrou gekry. John MacArthur het dieselfde van sy vrou gesê. Toe sy in ’n motorongeluk was en haar nek gebreek het, moes hy die huishoudelike take oorneem. Skielik het hy besef hoe hard sy vrou regtig werk.5
By ’n Rezolution Konferensie in Johannesburg het C.J. Mahaney ’n soortgelyke storie vertel. Sy vrou was op ’n vroue kamp, sodat hy sy dogters vir 48 uur moes oppas. Teen die helfte van die eerste dag het hy vir sy dogters gesê: ‘I have a special bed time story for you.’ Hulle reaksie was te verwagte: ‘But dad, we’ve just had lunch!’ ‘I know, but tomorrow is a big day!’ het hy gesê.
Die punt is duidelik, naamlik dat ’n knap huisvrou hard werk. Die vrou in Spr. 31 soek versigtig [Heb. darash, Qal Perfektum] na die beste wol en vlas teen die beste prys, sodat sy winter- en somersklere kan maak (v.13). Sy doen haar werk met ywer, lus en met gewillige hande (v.13, Heb. chephets). Party huisvroue werk nie so nie, maar doen hulle werk met ’n gesug. Die Here wil hê dat jy gewillig moet werk asof Hý die kos gaan eet wat jy voorberei en in die bed gaan slaap wat jy opmaak (Matt. 25:40, Kol. 3:23).
Dit beteken nie jy hoef duur etes te maak nie. Maar dit beteken dat jy die beste doen wat jy kan met die geld wat jy het. Jy moet soos ’n skip wees wat ver reis om ’n winskopie te kry (v.14). My vrou ry ver om groente, ontbytpap en beskuitbestandele spotgoedkoop te kry. En as sy die winskopie gekry het, doen sy haar beste om dit voor te berei. Dit is wat die Spr. 31 vrou gedoen het. Sy het vroeg opgestaan om haar gesin te voer (v.15). Jou gesin eet Pronutro. Jy hoef nie die meel te maal, of die koeie te melk nie. Daarom hoef jy nie soos die Spr. 31 vrou op te staan terwyl dit donker is nie. Moet egter nie tot laat in die bed lê net omdat jy nie 08:00 by die werk hoef te wees nie. Staan op, trek aan, voer jou gesin, hou jou stiltetyd, begin jou dag en deel die bediendes se take uit (v.15).
Ek glo jy kan sien dat die knap huisvrou harder werk as die meeste mense. Uit haar take in v.13-26 sien ons dat sy ’n bestuurder, verpleegster, ekonoom, sakevrou, tuinboukundige, binnenshuise versierder, kok, klereontwerper, sosiale werker en onderwyseres is. Sy werk 7 dae ’n week, 365 dae ’n jaar. Daarom het sy haar man en kinders se hulp nodig. Help haar met die skottelgoed, om die huis op te ruim en om self jou klere weg te pak. Help veral met as dit vakansie is, sodat sy nie voel: ‘Die werk hou nooit op’ nie.
***
Die Spr. 31 vrou gebruik haar wins om ’n stuk grond te koop en ’n wingerd te plant, sodat sy druiwe, rosyne, druiwesap, wyn en medisyne het (v.16, 6, 24, Luk. 10:34, 1Tim. 5:23). Die les is eenvoudig dat ’n knap huisvrou met geld kan werk (al dink die wêreld sy kan nie). Sy draai haar sente om en maak ekstra geld. Sy hoef nie buite die huis te werk om haar man se salaris aan te vul nie, maar sy kan dit van die huis af doen deurdat sy beskuit, wors, pasteie, seep, kerse en klere maak en dit verkoop (v.18-19, 24).
Nóg ’n les is dat die knap huisvrou nie bang is vir fisiese werk nie (v.16). Dit gee haar oefening en maak haar sterk (v.16-17). As jy nie fisiese werk doen nie, sal dit help as jy ’n bietjie oefen (1Tim. 4:8). Sodoende sal jy nie so maklik depressief raak nie. Jy sal ook krag hê om tot laat te werk as dit nodig is (v.18). Die knap vrou kry meer gedoen as die res van haar gesin slaap. Soos my ma, maak sy klere in die nag. Sy het nie ’n Bernina nie, maar gebruik ’n spinstok en ’n spoel om haar klere te maak (v.19, 13).
’n Spinstok lyk soos ’n dik riet en is omtrent ’n meter lank. Om klere te maak moet mens ’n strook wol styf om die boonste deel van die spinstok draai soos as jy ’n slaapsak oprol. As jy dit klaar gedoen het, lyk die wol op die spinstok soos spierwit spookasem.
Die spoel is ’n kleiner stokkie en is so dik soos ’n pen. Dit is omtrent 20 cm lank. Aan die onderkant is die spoel deur ’n gewig gesteek wat soos ’n plat rivierklip lyk. Om ’n bol wol te maak soos ons dit ken, moet jy die spinkstok tussen jou bene vashou asof jy gereed is om vis te vang. Om ’n toutjie te maak, moet jy ’n stukkie wol aan die onderpunt van die spinstok knyp en dit tussen jou wysvinger en jou duim draai totdat dit ’n toutjie vorm. Jy moet hiermee aanhou totdat die toutjie lank genoeg is om rondom die spoel te draai. Daarna moet jy die toutjie tussen beide jou linker- en regterhand se wysvingers en duime draai. Die gewig aan die spoel sal maak dat dit lekker in die ronde draai. Stadig maar seker sal daar ’n bol wol op die spoel vorm soos wanneer mens ’n toutjie op ’n leë toiletrol draai.
Die deugsame vrou se hande is nie op haar foon, of op sosiale media nie, maar is besig om klere te maak (v.19). Met dieselfde hande deel sy van haar wins met die armes (v.20, 9, Gal. 6:10, Ef. 4:28). Haar sterk en waardige karakter help haar om dit te doen (v.25). Dit help ook dat sy nie bang is vir die toekoms nie (v.25). Sy weet immers dat sy haar God-gegewe talent gebruik het om wins te maak. Soos my vrou sou sê (en self ook doen): ‘Sy het geld vir rainy day.’
Dalk klink hierdie dinge vir jou onmoontlik, maar as Jesus jou gered het, aan jou sy Gees gegee het en jy Hom elke dag vertrou, kán jy so ’n vrou wees (2Kor. 9:8, Fil. 4:13). Die eerste vraag is dan nie of jy ’n knap huisvrou is nie, maar of jy gered is. Het jy al by die kruis kom kniel en besef dat jý God se straf vir jou sonde verdien? Het jy al besef dat die Vader sy Seun se offer vir ons sonde aanvaar het en dat dit jou enigste hoop is om gered te word?
Nothing in my hand I bring,
simply to Thy cross I cling.
***
My hope is built on nothing less
than Jesus’ blood and righteousness.
3. Haar gesin (v.11-12, 21-23, 26-27)
My skoonsuster was ’n chemiese ingenieur. Sy het haar loopbaan gestop om kinders groot te maak. Party mense sal sê dit is dwaas, maar volgens die Bybel is dit wys, omdat ’n vrou se eerste plig haar man, huis en kinders is (14:1, 1Tim. 5:9-10, Tit. 2:5). Ek besef dat daar enkel ma’s is en dat dit nie altyd vir hulle moontlik is om by die huis te bly nie. En tog is dit beter dat hulle trou as wat hulle hulle kinders in ’n dagsorg sit en beide ouers afwesig is (1Tim. 5:14).
Die Spr. 31 vrou is toegewyd aan haar gesin. As gevolg van haar lojale karakter, vertrou haar man haar met die kinders, die bankkaart, die geld, die huis en alles (v.11). Sy is soos ’n kroon op sy kop en is heeltemal tevrede as háár harde werk haar man en haar kinders laat goed lyk (v.11, 23, 12:4). Totdat die dood hulle skei, doen sy goed aan haar man en nie kwaad nie (v.12). Sy maak byvoorbeeld warm klere vir haar gesin. Sy weet hulle sal nie koud kry as dit sneeu nie (v.21). Maar haar klere is nie net funksioneel nie. Dit is ook mooi. Die teks praat van helderrooi klere (v.21). Die Hebreeuse woord kan ook ‘dubbel’ beteken, wat wys dat dit warm is. In vandag se terme sal ons sê dat sy gekleurde wolserpe en bedsokkies brei. Sy maak ook komberse (v.22). In die somer dra sy klere wat sy van fyn linne gemaak het en rooi-pers gekleur het (v.22, 13). Haar kleredrag is smaakvol. In ons tyd is dit veral nodig, omdat mans elke dag tussen aantreklike vroue werk. Jy help nie jou man as jy die hele dag in jou kamerjas, of sweetpak bly nie. Hiermee bedoel ek nie jy moet ’n model wees nie (v.30). Maar lyk ten minste mooi vir jou man (v.22).
Hoe pas v.23 in die prentjie wanneer dit sê dat haar man in die stadspoorte bekend is waar die leiers amptelike sake bespreek (vgl. Deut. 21:19, 22:15, 25:7, Jos. 20:4, Rut 4)? Die hoofdoel van hierdie vers is om te wys dat die knap vrou se man die punt van die ysberg is wat uitsteek, terwyl haar werk die onsigbare fondasie is wat hom bo hou. Omdat sy haar werk goed doen, kan hy op sý werk fokus. Ek dink hier aan Martin Luther wat baie vir die Here bereik het, maar dit nie sou regkry sonder Katie wat ’n veilige hawe vir hom geskep het nie.6
Moet daarom nie sê: ‘Ek is ’n huisvrou en beteken niks’ nie. Jou visie is te klein. Dink aan die toekoms. Leer uit Sarah Edwards se voorbeeld. Sarah was ’n knap huisvrou, vrou en ma. Uit haar nageslag het daar kollege hoofde, professors, prokureurs, magistrate, dokters, regeringsamptenare, predikante, outeurs, sendelinge en stigters van die grootste industrieë in Amerika gekom.7 Moet dan nie nutteloos voel nie. Jou man, kinders en nageslag se invloed op die samelewing is jóú invloed (v.23, 1Tim. 2:15). Die wêreld erken dit nie, maar op die oordeelsdag sal die Here jou beloon (Ef. 6:8).
Dink ook aan die geestelik invloed wat jy deur jou wyse en vriendelike lering op jou man, kinders en ander mense kan hê (v.26). Om dit reg te kry, moet jy God se wysheid deur geloof, die Woord en gebed soek (2:1-6). Lees goeie geestelike boeke. Luister preke van Washer, R.C. Sproul en ander goeie predikers terwyl jy jou huiswerk doen. Probeer om ten minste een keer per week by ’n vroue Bybelstudie in te skakel. Begin jou eie groep as daar nie een is nie. So sal jy nie voel jy het geen intelligente geselskap nie. Dit sal jou ook help om met kennis oor die lewe te praat (15:2). As jonger vroue raad soek, sal hulle jóú vra eerder as iemand wat net Quikbooks, of Excel ken (v.26, Tit. 2:3-4). Hulle sal terugkom as jou raad Bybels is en jy dit vriendelik oordra (v.26).
***
As jy tot op hede neergekyk het op huisvroue, of oor jou taak as huisvrou gemurmureer het, hoop ek dat Spr. 31 jou gedagtes verander het. Ek hoop jy dink nie meer dat huisvroue verveeld rondsit met niks om te doen nie (v.27). Ek hoop jy is meer dankbaar vir die huisvrou in jou lewe en vir wat sy vir jou doen (v.27). Dit is veral ’n man se plig om dit vir sy vrou moontlik en lekker te maak om by die huis te werk. Om te weet hoe, wil ek die volgende epos met jou deel. Dit is ’n vriend se reaksie toe ek ’n paar mense se insette oor die onderwerp gevra het.
Dear Ivor,
...I believe that [a housewife’s] greatest challenges will arise from a husband that does not have a full-orbed Christian worldview of the home, thus making his ability to shepherd her in the glories of homemaking impossible. She will face other challenges for sure, but without the solid rock of a godly husband that looks to the Rock for everything, the majority will be out of control.
Challenges and frustrations housewives experience? There are many. Here are five.
1. A husband that is weak and hypocritical
A well run home doesn’t start with the woman, the wife, the mother. It begins with the man, the husband, the father (1Tim. 3:4). He must manage his household well. Wives learn best how to manage the home by watching her husband manage the home, and husbands manage the home best by managing themselves best. He can’t point out the speck in his wife’s eyes with a log in his own (Matt. 7:3-5). Solomon tells husbands and fathers it’s much harder to rule self (Prov. 16:32). Get that down, and running the home isn’t as daunting. Guard your tongue. Lose weight. Work out. Kick that habit. Write out the family goals. Curb your anger. Nothing so frustrates a housewife as when she is told to keep the house in order when her husband’s life is in disarray. Judgement begins at home (1Pet. 4:17).
2. A husband that does not value lots of kids
Bored women often want to leave the home. Women with no or few kids are often bored. One solution is having lots of kids. The husband needs to teach his wife that having kids is normal, like the way seeing color with our eyes is normal. Colorblindness is abnormal. So is barrenness. These are sad events that cannot be helped. If a couple can have kids, they should have many (Gen. 1:28). A husband should constantly instill in his wife (against the world’s onslaught of lies) that children are a reward (Ps. 127:3), beautiful (Ps. 144:12), loved by Jesus (Matt. 19:14), and powerful like arrows (Ps. 127:4). Yes, a woman is to be a keeper at home (Tit. 2:5), but it is assumed in v. 4 that she has a husband and children. That’s the proper order: marriage, children, home. 90% of couples can have children in the first year.
3. A husband that does not constantly listen and talk to her
A husband that tells his wife to be a housewife but then ignores her by vegging in front of the TV or crisscrossing the city on hunting trips, jet skis and biking treks is like asking her to cook a beautiful meal and then letting it spoil in the oven. Housewives spend much of their day around people with far fewer brain cells than she does. A husband is only proving his brain cells are even less when he expects her to love this setting without having outlets with grownup conversation. Look her in the eye. Thank and praise her constantly. Listen to her problems. Don’t try to fix all of them. Send love letters... Make her laugh. Tell her every detail of your day. For some reason, women love this.
4. A home that is in financial turmoil
Many women don’t want to stay home because they don’t feel free. They sense the financial restraints. “I’ve got to help work,” she says. My wife simply cannot relax with me at night unless she knows all of the kids are safely tucked in bed at night. Me saying, “They’re on the way”, is simply a conversation ender. In the same way, many women simply cannot enjoy the home when they have not been financially freed to care for the house and children. The husband saying “the budget will somehow balance” only adds to her frustration. In our materialistic world, the husband must make financial choices so as to give his wife wings to fly. Show constraint. Drink water. Sell the extra vehicle. Work an extra job or two. I understand there can be legitimate financial concerns, but often times the woman “must” work simply because of poor financial decisions and purchases in the home.
5. A church that does not value homemaking and children
Macadamia trees need fertile soil, proper compost and almost endless water. Housewives that thrive need godly husbands, good preaching and a fellowship of believers with a similar worldview of the home. I have a friend that once put diesel in his petrol car. I helped push it home. If you want a frustrated housewife, tell her to stay home and be happy about it and then join a church that tells her she can be a cop, a CEO, a soldier, and a professional athlete just as well as a man can. No she can’t. Find a pulpit that teaches a biblical view of manhood and womanhood. If you don’t, it won’t be long until you’re having to push her home too.
Counsel for young housewives
1. Don’t put your kids in daycare.
2. Make your home the kind of place your husband loves to be.
3. Have lots of kids and have them early. Childlessness or few children are often based on poor decisions (often pushed by the husband) and is often a source of great regret and pain later on in life. A woman’s impulse to have children is from God. Her impulse to ignore this impulse is from a fallen world. Don’t ignore this God-given instinct and don’t even put it off too long, for just as God has given this natural urge to bear children, he has also given women a biological clock. She can’t have children forever. A woman’s chances of having children at 25 is higher than at 30, and at 30 higher than 35 and so forth. One day the petrol will run out. You may want to wait five or ten years, but then the car may be on “E”. I’ve never once met a parent that wished they had less children. I’ve met countless that wished they’d have had more.
4. Develop hobbies that strengthen the home. The Virtuous Woman (Prov. 31) was an industrious woman. She considered a field and bought it. Staying at home is more than just kids and husband. Make crafts. Attend auctions. Pick up the flute again. Sell chickens. Start a business. Review books. Be hospitable. Work to make your house beautiful rather than working 8-5 to make other people’s houses beautiful.
5. Find models of godly homemakers and learn from them.
6. Read Female Piety by John Angell James or Fit to Burst by Jancovich.
Paul
***
Dalk is dit vir jou te radikaal, maar ek wil hê jy moet die groter prentjie sien, naamlik dat ’n huisvrou se roeping een van die hoogste roepings ter wêreld is en dat haar man dit moet koester.
1 Aanhalings uit die 2020-Vertaling.
2 C.H. Spurgeon, Autobiography: Vol. 1—The Early Years (Edinburgh: The Banner of Truth Trust, 1962), 44
3 https://www.challies.com/articles/christian-men-and-their-godly-moms-physical-weakness-spiritual-strength/
4 Rex Jefferies, The Man in the Gap: The Life and Ministry of Martin Petersen Holdt (Wapwallopen, PA: Shepherd Press, 2020), 44-6
5 John MacArthur, Different by Design (Wheaton, Illinois: Victor Books, 1994), 72
6 Roland H. Bainton, Here I Stand: A Life of Martin Luther (Nashville: Abingdon Press, 1950, 1978), 223-37 en John Piper & Justin Taylor (eds.), Sex and the Supremacy of Christ (Wheaton, Illinois: Crossway Books, 2003), 226-8
7 John Piper & Justin Taylor (eds.), A God Entranced Vision of All Things: The Legacy of Jonathan Edwards (Wheaton, Illinois: Crossway Books, 2004), 62-3