Daar is baie bewyse dat Jesus die Messias is. Hier is 'n paar:
[1] Jesus is gebore in Betlehem (Miga 5:1, Lukas 2:11, 15).
[2] Jesus is gebore uit 'n maagd (Jesaja 7:14, Matteus 1:22-23)
[3] Hy is uit die stam van Juda (Genesis 49:10, Matteus 1:3, 16).
[4] Hy is uit die geslag van Dawid (Psalm 132:11, Matteus 1:1).
[5] Hy het in die Galilea-streek gepreek (Jesaja 8:23-9:1, Matteus 4:14-16).
[6] Hy het op 'n donkie gery (Matteus 21:4-5, Saggaria 9:9).
[7] Hy is deur een van sy eie vriende verraai (41:10, Johannes 13:18).
[8] Hy het stilgebly by sy verhoor (Jesaja 53:7, Matteus 27:12-14).
[9] Hy was onskuldig (Jesaja 53:8-9, 1 Petrus 2:22).
[10] Hy is gegesel (Jesaja 50:6, 53:5, Matteus 27:26).
[11] Hy is tussen misdadigers gekruisig (Jesaja 53:12, Lukas 22:37, 23:32-33).
[12] Hy het vir sy vyande gebid (Jesaja 53:12, Lukas 23:34).
[13] Hy het gesê: ‘My God, my God, waarom het U My verlaat?’ (Psalm 22:2, Matteus 27:46).
[14] Sy vyande het Hom gespot met die presiese woorde wat in Psalm 22:8-9 voorspel is (Matteus 27:41-43).
[15] Hy het dors geword aan die kruis (Psalm 22:16, 69:4, Johannes 19:28).
[16] Sy vyande het vir Hom suurwyn gegee om te drink (Psalm 69:22).
[17] Hulle het spykers deur sy hande en voete gedryf (Psalm 22:17, Matteus 27:35, Johannes 20:25).
[18] Jesus se vyande het sy klere verdeel en lote getrek vir sy kleed (Psalm 22:19, Johannes 19:24, 27).
[19] Sy vyande het 'n spies in sy sy gesteek (Sagaria 12:10, Johannes 19:34, 37).
[20] Hy is in rykman se graf begrawe (Jesaja 53:9, Johannes 19:38-42).
[21] Hy het opgestaan uit die dood (Jesaja 53:10, Matteus 28:5-6).