Psalm 139:1-24
Die psalm speek verskillende aspekte van God aan. (1) God is alwetend. Hy weet waar ons is, wat ons doen en wat ons dink, wat ons gaan sê nog voor ons dit kan dink. Ons is nooit alleen nie—God is altyd by ons. Hy hou sy hand op ons, beskerm ons, maar ook wys ons tereg wanneer nodig. (2) God is alomteenwoordig. Waar jy ook al gaan, God is daar. Jy kan nie vir God wegkruip nie. (3) God is almagtig. God is ontfermd oor lewe, en lewe begin by bevrugting. Elkeen is wonderbaar in die oë van God – hy het ons almal gemaak. (4) Dawid se respek vir God. God se vyande is ook sy vyande. (5) God wil ons God wees, hy het sy Seun gegee om aan ʼn kruis te sterf sodat ons met hom versoen kan word. 'n Boodskap deur Frans Dry.