Coram Deo Cover Image

Coming soon...

3 March 2026

Kom stil jou honger

Johannes 6:35

C.S. Lewis het gesê: “If I find in myself a desire which no experience in this world can satisfy, the most probable explanation is that I was made for another world.” Niks in hierdie wêreld kan die leemte in jou siel vul nie. Geld kan nie, daarom soek selfs die rykste mense meer. Seks kan nie, daarom slaap mense rond. Mense kan nie, daarom voel jy soms eensaam in geselskap. Niks kan nie, maar Jesus alleen. Hy is die brood van die lewe en kan jou honger stil. Maar wat help dit jou as jy eenkant bly staan? Kom sit aan vir ete; skep en word versadig! ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë