Bemoediging vir Christen-werkers

2 Aug 2014 Geplaas in: Besluitneming, Evangelisasie, Prediking en roeping, Sending, Soewereiniteit, Verlossing

In die kerk waarin ek grootgeword het, was ons predikant op ‘n tyd baie ontmoedig en wou hy bedank.  Een Sondag het hy vir die kerk gesê hoe die Here hom bemoedig het, sodat hy kans gesien het om aan te gaan.  Dit is wat in Handelinge 16 gebeur het:  die Here het die sendelinge…

Lees Verder

Moeilike mense en God se genade

18 Jul 2014 Geplaas in: Soewereiniteit, Verhoudings

Charles Spurgeon het gesê dat moeilike mense God se staalwol is om ons blink te hou.  In Genesis 29-30 sien ons hoe God moeilike mense en omstandighede gebruik het om Jakob te verander.   Jakob se troue (29:1-30) Na ‘n lang reis het Jakob Haran bereik.  ‘n Paar herders met hulle skape het by ‘n…

Lees Verder

Goeie Nuus vir die wêreld

12 Jul 2014 Geplaas in: Evangelisasie, Sending, Soewereiniteit, Uitverkiesing

Jesus het nie net vir die Jode gekom nie, maar vir die hele wêreld; Jode en heidene.  Die Bybel sê:  “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Johannes 3:16).  “hy…

Lees Verder

God kies wie Hy wil

28 Jun 2014 Geplaas in: Soewereiniteit, Uitverkiesing

Ek is ‘n leerstelling.  Baie mense haat my en sê ek is onregverdig.  Ander loop draaie om my en sê ek is te moeilik.  Nóg ander het my baie lief, prys die Here, en vind baie berusting in my.  My naam?  Uitverkiesing.  In Genesis 25 vind jy my in storievorm.   Ketura se nageslag (v.1-11)…

Lees Verder

Hoe weet jy God sal sy beloftes hou?

24 May 2014 Geplaas in: Beloftes, Doop, God

Ek het al dikwels in preke verwys na John Paton.  Hy was ‘n Skotse sendeling na die New Hebrides.  Die inboorlinge (kannibale) het dikwels vir Paton belowe dat hulle sal ophou om te steel en te moor.  Hulle beloftes was soos ‘n wasem.  Hulle het gelieg.  Genesis 15:1-18:15 wys vir ons dat God nie ‘n…

Lees Verder

God is getrou

9 May 2014 Geplaas in: Beloftes, God

Ons leer vir ons kinders karaktertrekke.  Laasmaand se karaktertrek was betroubaarheid:  doen wat jy belowe.  Na middagete hou ons huisgodsdiens.  ‘Was jy vandag betroubaar?’ het ek vir elkeen gevra.  Ons moes gereeld bely dat ons nié betroubaar was nie.  God is anders as ons.  Hy hoef nooit te erken dat Hy onbetroubaar was nie.  Hy…

Lees Verder

Ons het vir Jesus gesien!

19 Apr 2014 Geplaas in: Opstanding

Een man in ‘n charismatiese kerk het vir my gesê:  ‘Een oggend toe ek stiltetyd hou, het ek voete langs my gesien.  Toe ek opkyk was dit Jesus wat aan my verskyn het.’  Onder charismate is dit tipies om sulke dinge te hoor.  Dit is asof hulle dink die Skrif is nie genoeg om soet…

Lees Verder

Die skande van die kruis

19 Apr 2014 Geplaas in: Kruis

Verbeel jou jy is in ‘n konsentrasie kamp.  Hoe sal jy voel as die soldate jou klere uittrek, jou naak ten toon stel voor die ander soldate en gevangenes, en vir jou lag?  Dink dan hoe moes Jesus gevoel het.   32 En toe hulle uitgaan, kry hulle ‘n man van Ciréne, met die naam…

Lees Verder

‘n Portret van die kruis

10 Apr 2014 Geplaas in: Kruis, Nagmaal

Oor die jare is daar baie films oor Jesus gemaak.  Tog is die enigste sigbare herinnering wat Jesus nagelaat het, die nagmaal.  Dis as’t ware ‘n portret van die kruis.   “14 En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom. 15 En Hy sê vir hulle: …

Lees Verder

Oorleef God se oordeel

5 Apr 2014 Geplaas in: God, Kontemporêre kwessies, Vloed

Hollywood het ‘n film gemaak oor die vloed:  Noah.  Ken Ham gee ‘n ressensie van ‘the rough cut of the film, most of which I expect to be in the final film:   [1] In the film, Noah was robbed of his birthright by Tubal-Cain.  The serpent’s body (i.e., Satan), which was shed in Eden, was…

Lees Verder
1 25 26 27 28 29 31