Coram Deo Cover Image

Coming soon...

19 May 2012

Mense se reaksie op die uitverkiesingsingsleer

“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.” (Romeine 8:28-30).

 

(1) God is goed in voorsienigheid (vers 28)

(2) God is goed in verkiesing (vers 29)

(3) God is goed in verlossing (vers 30)

 

Ek het onlangs 'n foto gesien van 'n ketting met 'n groot slot aan.  Een van die ketting se skakels het gebreek en is met 'n ‘cable tie’ aan die ander skakel vasgemaak.  As 'n skelm een skakel van 'n ketting geknip het kan hy inbreek.  In v.29-30 is daar 'n goue ketting:  “Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.”  Al die persone wat gekies en bestem is, word ook geroep, geregverdig, en verheerlik.  Anders gestel:  almal wat uitverkies en vooruit bestem is, word ook gered en gaan hemel toe.  Dit is dus nie waar dat almal uitverkies is nie.  Let op dat die goue ketting in die ewige verlede begin (vantevore geken en bestem) en in die ewige toekoms eindig (verheerlik).  As jy een skakel van die ketting knip, dan val alles plat.  Verskeie verse in die Bybel bevestig dat God dié wat Hy uitverkies het ook red en hemel toe neem. 

 

“En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.” (Handelinge 13:48).  Let op dat hulle nie uitverkies is omdat hulle geglo het nie, maar dat hulle geglo het omdat hulle uitverkies is.

 

“soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil...in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.” (Efesiërs 1:4-5, 13-14).  Almal wat uitverkies is word as God se kinders aangeneem en gaan definitief hemel toe.

 

“Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus” (1 Tessalonisense 5:9).

 

“Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid” (2 Thessalonians 2:13).

 

“En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie...Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is...En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp...En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.” (Openbaring 13:8, 17:8, 20:15, 21:27).  Nog voordat die wêreld bestaan het, het God mense se name in die boek van die lewe geskryf.  Net dié wie se name in die boek van die lewe is, gaan hemel toe.

 

Wat presies is die uitverkiesingsleer?  Dit is 'n Bybelse waarheid wat sê dat God sekere persone vir redding en die hemel uitverkies of selekteer [Grieks eklegomai].  Ons sal oor die volgende paar weke die onderwerp in diepte bestudeer, maar vir eers wil ek reageer op verskeie reaksies wat mense op hierdie stelling sou maak.

 

Reaksie 1:  “Ek glo nie daar bestaan iets soos die uitverkiesing nie.”  Antwoord 1:  Romeine 9 en baie ander verse in die Bybel sê daar bestaan so iets.  Onderwerp jou aan die Skrif en nie aan jou eie opinies nie.  Reaksie 2:  “Ek weet die Bybel praat oor die uitverkiesing, maar ek kan dit nie aanvaar nie.”  Antwoord 2:  Hou aan om te bid en die Skrif te bestudeer.  Lees ook die res van hierdie reeks preke.  Reaksie 3:  “Ek glo in die uitverkiesing, maar dit maak nie 'n praktiese verskil in my lewe as Christen nie.”  Antwoord 3:  Oor weke wat kom sal ek vir jou wys hoe hierdie leerstelling prakties is vir aanbidding, heiligheid, nederigheid, versoeking, vrees, twyfel, swaarkry, sending, babas wat sterf, kinders se redding, ens. 

 

Reaksie 4:  “Ek is baie opgewonde oor hierdie leerstelling en wil graag ander hiervan oortuig.”  Antwoord 4:  Wees versigtig en werk geduldig en stadig.  Moenie met ander hieroor stry nie.  Moet ook nie met ongelowiges hieroor in 'n debat betrokke raak nie.  Martyn Lloyd-Jones het gesê:  “Men are not saved by believing the doctrine of election or by believing in predestination.  The way of salvation is to believe on the Lord Jesus Christ.”  En Octavius Winslow:  “It is not essential to your salvation that you believe in election, but it is essential to your salvation that you believe on the Lord Jesus Christ.”  En weer:  “In your case as an individual debating the momentous question of how a sinner may be justified before God, your fist business is with Christ, and with Christ exlusively.  You are to feel that you are a lost sinner, not that you are an elect sinner.” (aanhalings uit D. Martyn Lloyd-Jones; The Final Perseverance of the Saints (Romans 8:17-39); The Banner of Truth Trust; EDINBURGH; 1975; p.200).

 

Reaksie 5:  “As die uitverkiesing waar is, dan het die mens nie 'n vrye wil nie en kan God hom nie verantwoordelik hou nie.”  Antwoord 5:  Daar is twee wille in God:  'n soewereine wil en 'n voorgeskrewe wil.  John Piper het 'n hele bylaag hieroor geskryf in sy boek The Pleasures of God.  Let maar op twee tekste om hierdie punt te bewys.  Psalm 105:17 sê:  “[God] het 'n man voor hulle uit gestuur:  Josef is as slaaf verkoop.”  Josef se broers het self hulle bose planne gemaak en besluit om vir Josef te verkoop as 'n slaaf.  En tog was dit God wat in sy wyse raadsplan vir Josef vooruit gestuur het, sodat hy betyds in plek sou wees om baie mense te red van die hongersnood wat sou kom.  God se voorgeskrewe wil is dat niemand mense mag ‘steel’ om hulle as slawe te verkoop nie (sien Eksodus 21:16).  Sy soewereine wil was egter dat Josef in Egipte moes wees om mense van die hongersnood te red.  Nog 'n teks wat die punt bewys is Handelinge 2:23.  Moord is teen God se voorgeskrewe wil (sien Eksodus 20:13).  Maar tog was dit in God se soewereine wil dat Jesus gekruisig moes word om ons te red van ons sondes.  Lukas skryf:  “Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring” (beklemtoning my eie).

 

Hoe werk die soewereine wil van God en sy voorgeskrewe wil saam?  Hoe versoen ons die twee.  Ek kan dit nie beter illustreer as wat Stuart Olyott dit gedoen het nie.  Olyott skryf:  “Imagine an ant running around on the page that you are reading.  It goes to the right, it goes to the left; it slows down, or speeds up, or stops – it does exactly what it pleases.  Now draw an imaginary line on the surface of the nearest piece of furniture.  If you wish, you can now make your ant follow that line exactly.  As it runs around on the page, all you have to do is to hold the book over the line and to manoeuvre it appropriately.  With a little bit of practice, you can make the ant go exactly where you want it to, although it is running around exactly where it wants to!  You are sovereign, but the ant is exercising real choice.  This is not very difficult, because there is only one ant on the paper and it is not interacting with any other ants.  It becomes more difficult when you try to manoeuvre two ants on two separate pieces of paper, or two ants on the same paper!  The glory of the universe is that not only ants, but all creatures everywhere, as well as all heavenly bodies and the smallest particles of every atom, are all being directed by the same Invisible Hand.  God exercises complete sovereignty even where his creatures are making real, unconstrained choices.  He does with his creatures what He likes.” (Stuart Olyott; Ministering Like the Master; The Banner of Truth Trust; EDINBURGH; 2003; pp.51-52).

 

Reaksie 6:  “Hierdie leerstelling is liefdeloos en dit maak God onregverdig.”  Antwoord 6:  Die Skrif antwoord:  “Wat sal ons dan sê?  Is daar miskien onreg by God?  Nee, stellig nie!...So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.  Jy sal dan vir my sê:  Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord?  Die maaksel kan tog nie vir die maker sê:  Waarom het u my so gemaak nie?  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?” (Romeine 9:14, 18-21).  Iemand het vir Charles Spurgeon gevra:  “Ek verstaan nie Romeine 9:13 nie – dat God vir Jakob liefgehad het, maar vir Esau gehaat het.”  Sy antwoord was:  “Ek verstaan ook nie, want hoe kon God vir Jakob liefhê?”  Dit sou regverdig wees as God, soos met gevalle engele, niemand gered het nie.  Uit liefde en genade red God miljoene uit die dood.  Hoekom kies God nie almal nie?  Hy doen dit om sy krag te toon soos Romeine 9:22-23 sê.  Hy doen dit ook sodat ons sy liefde duideliker kan raaksien teen die donker agtergrond van dit wat ons verdien, naamlik die hel.  Daarom sal ons Hom ook meer loof as wat ons dit sóú doen as daar nie 'n hel was nie.  As Christen is dit vir nou genoeg om Matt.11:25-28 te glo (dat God uitkies en openlik uitnooi omdat Hy wys en goed is); om te glo God is goed in verkiesing.

Kategorieë