Lesse uit Jesus se Stamboom Lukas 3:23-38 Des en Jenny Oatridge was sendelinge wat onder die Binumarien stam van Papua-Nieu-Guinea gewerk het. Hulle het die Bybel in die mense se taal vertaal. Toe Des Matteus vertaal het, het hy Jesus se geslagsregister in Matt. 1:1-14 vir laaste gelos. Hy het byna daarvan vergeet. Hy het …
Kategorie: Lukas
Jesus in die Kollig
Lukas 3:15-22 Ek verag dit as ’n leraar ’n groot foto van homself en sy vrou op hulle webtuiste, of kennisgewing sit. Ek kry die idee dat hý en nie Jesus nie, in die kollig is. In Luk. 3 is Jesus in die kollig en gee Johannes nie om dat hy in die agtergrond verdwyn …
Wees gereed om jou God te ontmoet!
Lukas 3:1-14 Lorette se man vergeet om vir haar te sê dat die skoonfamilie kom kuier. Sy hoor dit drie ure voor die tyd. Sy is omgekrap en jaag om die huis op te ruim, beddegoed te was en kos voor te berei. Haar man koop blomme om jammer te sê dat hy haar nie …
Lesse uit Jesus se Kinderdae
Lukas 2:39-52 In enige goeie biografie is daar ’n hoofstuk, of meer oor die persoon se kinder- en jongmens lewe. Mens vind dit egter nie in die vier Evangelies (Jesus se biografieë) nie. Bogenoemde teks is die enigste paragraaf in die Bybel oor Jesus se kinderdae. Buiten vir hierdie paar verse weet ons niks van …
Wie is Jesus vir jou?
Lukas 2:22-38 My tema klink postmodern—so asof jý kan besluit wie Jesus is. Die vraag is tog nie wie Hy vir jóú is nie, maar wie Hy werklik is. En tog help dit nie jy glo die waarheid oor Jesus as jy dit soos die duiwel glo en verlore gaan nie (Jak. 2:19). In daardie …
Van Betlehem tot Golgota
Lukas 2:21 Vir baie mense is Kersfees maar net nog ’n storie van ’n baba in ’n krip en begin ons redding eers aan die kruis van Golgota. Dit is egter ’n verkeerde idee, omdat Jesus ons nie alleen deur sy dood red nie, maar deur sy lewe. Volgens Luk. 2 het ons redding begin …
Jesus: die Spilpunt van die Geskiedenis
Lukas 2:1-20 Het jy al ooit landerye gesien wat rond is? Op so ’n stuk grond is daar gewoonlik ’n groot sproeier op wiele. Die sproeier is vas aan ’n spilpunt wat in die middel van die landerye staan. Die spilpunt maak dat die sproeier in die rondte draai, sodat al die gewasse water kry. …
Jesus, ons hoop en hartsverlange
Lukas 1:57-80 ’n Paar jaar gelede is Pierre en Yolande Korkie deur Al-Qaeda gevange geneem in Jemen. Vir maande het hulle in die tronk gesit en gewag vir iemand om hulle te bevry. Dit is ook hoe dit met God se kinders in die Ou Testament was. Dit is asof hulle in die donker gesit …
’n God-gesentreerde Kersfees
Lukas 1:39-56 In die 1990’s het ek op TV gesien hoe iemand ’n onderhoud met kinders voer: op die strand, in die winkelsentrum, in die parkie, by die huis, en op straat. ‘Waaroor gaan Kersfees?’ het die persoon hulle gevra. ’n Klompie van die kinders het geweet dat Kersfees oor Jesus gaan. Almal van óns …
’n Profesie oor Kersfees
Lukas 1:26-38 Wat is die grootste wonderwerk in die Bybel? Na my mening is dit toe God mens geword het. Thomas Watson sê: ‘That man should be made in God’s image was a wonder, but that God should be made in man’s image is a greater wonder. That the Ancient of Days should be born, …
Goeie Nuus voor Kersfees
Lukas 1:5-25 Die tema van my preek is opsetlik dubbelsinnig. Dit is Oktober en dus is hierdie preek Goeie Nuus voor Kersfees wat in Desember plaasvind. Maar my teks handel ook oor die Goeie Nuus wat die engel Gabriël vir Sagaria gebring het ses maande voor hy Jesus se geboorte aangekondig het. Goeie Nuus is …
Hoe weet jy Jesus is waar?
Lukas 1:1-4 Party ongelowiges dink om in Jesus te glo, is dieselfde as om in Kersvader, of die tandemuis te glo: Hy kom uit die verbeelding van fanatiese Jode wat in die eerste eeu n.C. geleef het. ’n Paar jaar gelede het ’n NG predikant in ’n Christelike tydskrif gesê dat Jesus nooit bestaan het …
Persoonlike Probleme: Skynheiligheid
Lukas 11:37-54 Die Griekse woord vir ‘skynheilige’ [hupokritēs] verwys na ’n akteur in die teater wat toneel speel met ’n masker op. So was die Fariseërs en die wetgeleerdes in Luk. 11:37-54. Lukas gee vir ons agt kenmerke van ’n skynheilige. 1. Hulle stel hulle tradisies bo die Bybel (v.37-38) Jaap is die nuwe predikant …
Christene, Covid-19 en die Ekonomie
Ses Redes Hoekom Christene Nie Covid-19 Se Impak Op Die Ekonomie Moet Vrees Nie Lukas 12:22-34 Covid-19 het reeds ’n impak op ons gemeente gemaak. Een persoon se salaris is met 20% gesny. ’n Ander een kry minder geld tydens die grendelstaat [Eng. lockdown]. Nóg ’n persoon kry glad nie betaling vir die vyf weke …
Emosionele Probleme: Vrees
Lukas 8:22-25 Wat is jou grootste vrees? Iemand wat jy ken, bose geeste, die see, ‘n soort dier (bv. ‘n spinnekop), hoogte, die donker, die toekoms, om te bestuur, ‘n tandarts, om voor mense te praat, die dood, of wat? Is dit ‘n vrees wat jy al vir jare het, sodat jy sê: ‘Ek kán …
Jesus se definisie van ’n Christen
Lukas 8:4-15 Wat is ‘n Christen? Die meeste mense sal sê dit is iemand wat in die Drie-Enige God glo, wat volgens die Bybel probeer lewe, wat glo dat Jesus die Seun van God is, wat gedoop is en aan ‘n kerk behoort. In liberale kringe kan jy ‘n Christen wees al glo jy nie in …
Sewe redes hoekom Jesus aarde toe gekom het
Lukas 1:67-80 Ek het hierdie week ‘n prent gesien van ‘n ‘holly berry’ krans en ‘n doringkroon. Bo die ‘holly berry’ krans staan daar: ’tis the season. Bo die doring kroon staan daar: ’tis the reason. Die volgende vraag is egter: wat is die rede hoekom Jesus aan die kruis moes sterf? In Luk. 1:67-80 gee Sagaria …
Twee soorte mense
Lukas 6:46-49 Gestel jy bly jy in ‘n gebied waar daar gereeld aardbewings tornado’s en siklone is. Om ‘n houthuis te bou gaan nie werk nie. Jy kan nie soos twee van die drie varkies dink jou huis sal staande bly as die wolf daarteen blaas nie. Jy moet ‘n sterk huis bou wat sal staan as die storm …
Die hart van ons probleme
Lukas 6:43-45 Saartjie kry gereeld hoofpyne. Hoe moet sy haar probleem oplos? Moet sy hoofpyn pille drink? Dit sou nie verkeerd wees nie, maar ek het nagelaat om vir jou te sê dat sy nét hoofpyne kry as sy op haar rekenaar werk. Wat is fout? Sy het waarskynlik ‘n probleem met haar oë en moet ‘n bril kry. Om hoofpyn pille te drink …
Ons model vir gebed
Lukas 11:1 Kinders leer nie net deur wat hulle ouers sê nie, maar deur wat hulle dóén. Geestelik is dit dieselfde: ons leer deur wat God in die Bybel sê, maar ook deur wat Jesus gedurende sy lewe op aarde gedóén het. Dit geld ook vir gebed. Luk. 11:1 wys dit vir ons. Jesus se voorbeeld Ek …