Emosionele Probleme: Selfbejammering en Woede

Jona 4 Toe ek ’n kind was, het ek die volgende grappie gehoor: ‘What’s big, green and sits in a corner? The Incredible Sulk.’ Ek het nie geweet wat dit beteken nie. My pa het vir my verduidelik dat ‘sulk’ of ‘self-pity’ die Engelse woord selfbejammering is en dat die grappie op The Incredible Hulk …

Lees meer Emosionele Probleme: Selfbejammering en Woede

’n Sterk bemoediging om in Jesus te glo

Hebreërs 7:4-28 Almal ken die idoom wat sê: ‘Goedkoop is duurkoop’. Gestel jy moet tussen twee produkte kies. Die Chinese namaaksel kos R600, terwyl die ware Jakob drie keer die prys is. Jy is beïndruk dat jy net R600 betaal het, maar binne ’n maand breek die produk. Jy ruil dit om, maar weer hou …

Lees meer ’n Sterk bemoediging om in Jesus te glo

Gees-gedrewe prediking

Handelinge 1:8 Stel jou voor jy is een van Jesus se apostels. Volgens Matteus, Markus, Lukas, Johannes en Handelinge 1, het jy sy wonderwerke gesien, sy lering gehoor, sy sondelose lewe gesien, saam met Hom aan tafel gesit toe Hy die nagmaal instel, die gebeure rondom sy kruisdood beleef, Hom drie dae later gesien toe …

Lees meer Gees-gedrewe prediking

Emosionele Probleme: Selfverwyt en Bitterheid

Genesis 50:15-21 Is daar donker dinge in jou verlede wat jy nie kan vergeet nie? Was jy seksueel losbandig, het jy ’n aborsie gehad, het jy bedrog gepleeg, het jy ’n dom ding gesê waaroor jy spyt is, het jy ’n baie verkeerde WhatsApp vir iemand aangestuur, het jy jou humeur verloor en dwaas opgetree? …

Lees meer Emosionele Probleme: Selfverwyt en Bitterheid

Emosionele Probleme: Vrees vir Mense

Matteus 26:69-75 Vyf honderd jaar gelede was daar ‘n Protestantse Christen genaamd Thomas Cranmer (1489-1556). Hy het die evangelie liefgehad en die Woord van God getrou verkondig. Toe die nuwe Katolieke koningin—Bloody Mary—die troon bestyg, toe raak sy ontslae van die Protestante. Sy het Cranmer in die tronk laat toesluit. Sy het haar Katolieke handlangers …

Lees meer Emosionele Probleme: Vrees vir Mense