Christene en die wêreld

Romeine 13:8-14 ‘n Bekende gesegde lui: ‘Ons is in die wêreld, maar nie van die wêreld nie.’ Wat beteken dit? Dit beteken dat ons nie monnike is wat onsself heeltemal uit die wêreld onttrek nie. Ons woon en werk tussen ongelowiges om die lig van Jesus voor hulle te skyn. Ons sondig egter nie saam met hulle nie. …

Lees meer Christene en die wêreld

Is dit nodig om jou sonde te bely?

Matteus 6:12 In sy boek Destined to Reign, sê Joseph Prince dat jy nie jou sonde hoef te bely om vergewe te word nie en dat sonde nie jou verhouding met die Here affekteer nie [Destined to Reign (Tulsa, Oklahoma: Harrison House Publishers, 2007, 2011), 53]. ‘Maar wat van 1Joh. 1:5-10 wat sê dat sonde jou verhouding met die …

Lees meer Is dit nodig om jou sonde te bely?

Hoe moet jy jou vyande liefhê?

Romeine 12:14 & 17-21 ‘n Paar weke gelede het ds. Riaan de Villiers van die Groote Kerk in Kaapstad vir die Moslems gebid, nadat 28-jarige Brenton Tarrant vyftig van hulle in Christchurch, Nieu-Seeland, doodgeskiet het. Niemand het ‘n probleem gehad dat hy vir hulle gebid het nie, maar dat hy hulle ‘kinders van God’ genoem het. Sommige mense het hom aangevat, …

Lees meer Hoe moet jy jou vyande liefhê?

’n Model gemeente

1Tessalonisense 1 Het jy al iemand gehoor sê: ‘As jy die perfekte kerk vind, moet jy asb. daar aansluit nie; jy sal dit opmors’? Die punt is dit: daar is nie ‘n perfekte kerk op aarde nie. Maar daar is model gemeentes wie se voorbeeld jy kan volg. In baie opsigte is my skoonma se kerk so ‘n gemeente. Hulle is sterk in …

Lees meer ’n Model gemeente

Die klimaks van die evangelie

Romeine 11:33-36 Rom. 11:33-36 is Berg Everest van die evangelie. Dit is Mont Blanc in die Switserse Alpe. Dit is God’s Window in Mpumalanga. As ons die hoogste pieke van die evangelie klim, sien ons God se heerlikheid. Rom. 11:33-36 is die klimaks van die evangelie waarheen Paulus van hfst. 1 af gewerk het. Wat is hierdie klimaks van die …

Lees meer Die klimaks van die evangelie

Die ware rede hoekom mense verlore gaan

Romeine 9:30-10:21 ‘n Man het eenkeer in reaksie op een van my preke vir my ‘n e-pos gestuur. Hy het gesê dat mense nie op grond van hulle goeie werke hemel toe gaan nie. Ek het hom verseker dat ek hiermee saamstem. Hy het verder gesê dat mense nie hel toe a.g.v. hulle sonde nie. Hiermee …

Lees meer Die ware rede hoekom mense verlore gaan

Hoe om aan te hou in 2019

Hebreërs 12:1-2 Op 5 Des. 2018 het ons ons Bybelstudie afsluiting gehou. Na die ete het elkeen ‘n kans gekry om te sê wat hy hierdie jaar geleer het. Byna elke persoon het begin met die woorde: ‘2018 was ‘n moeilike jaar...’ Met drie sterftes (in ‘n gemeente van 70 voel jy dit!) en ‘n spul ander …

Lees meer Hoe om aan te hou in 2019

Hoe weet jy jou redding is veilig?

Romeine 8:31-39 Onthou jy toe Saambou Bank kort na die jaar 2000 gevou het? Sal ons land se ekonomie in die nabye toekoms vou? Is jou geld en jou beleggings veilig? Wat gaan met die plase in ons land gebeur? Sal die regering oor ‘n paar jaar nóg private eiendom vir hulleself vat? Wat gaan met ESKOM …

Lees meer Hoe weet jy jou redding is veilig?

’n Belofte wat jou sal help om vas te byt

Romeine 8:28-30 In tye van nood soek almal iets om aan vas te hou. Vir sommige mense is dit hulle geliefdes, hulle gesondheid, hulle geld of hulle lewens. Maar wat as jou beproewing die verlies van hierdie dinge insluit─waaraan hou jy dan vas? Gelowiges het die Here om aan vas te hou; ons het die …

Lees meer ’n Belofte wat jou sal help om vas te byt

’n Kans om jou te bekeer

Dalk dink jy hieride preek is nie vir jou nie. Maar jy kan dit net ignoreer as jy perfek is, altyd naby Here, en nooit wegdwaal nie. Ek het oor die afgelope paar maande besef dat dit nie net prostitute, dwelmhandelaars en naakte barbare êrens op ‘n eiland is wat hulp nodig het nie. Daar is sonde in ons eie gemeente, onder …

Lees meer ’n Kans om jou te bekeer

Die Heilige Gees en sekerheid van redding

Romeine 8:9-17 Ons land se toekoms is onseker. Gaan hulle die plase vat? Sal daar ‘n oorlog uitbreek? Sal Christene vervolg word? In ‘n onsekere wêreld gee die Heilige Gees vir ons sekerheid. Dit is waaroor Rom. 8:9-17 gaan.   Die Gees van sekerheid (v.9-13) ‘n Paar weke gelede het ‘n vrou van die versekering …

Lees meer Die Heilige Gees en sekerheid van redding

Die Evangelie volgens Jesaja

Nêrens in die Ou Testament is die evangelie so duidelik soos in Jes. 52:13-53:12 nie. Dit is so helder dat ‘n Jood genaamd Rich Ganz aanstoot geneem het toe hy dit hoor, omdat hy gedink het dit is die Nuwe Testament. Die detail van Jesus se lewe in hierdie verse is verstommend. Wie buiten die Here …

Lees meer Die Evangelie volgens Jesaja

Christene en die wet

Romeine 7:1-6 Mense glo verskillend oor die Ou Testament wet. [a] Die Hebrew Roots Movement (HRM) glo dat ons weer Joods moet word en die wet van Moses noukeurig moet nakom. Volgens hulle moet ons die Sewendedag Sabbat, die Ou Testament Feeste en die voedselwette nakom. Ek het onlangs met iemand gepraat wat dit so …

Lees meer Christene en die wet