Open/Close Menu Ken Christus, Maak Christus Bekend

Toe ek 14 was het ons by ‘n oom en tannie gaan kuier op ‘n plaas in die Vrystaat. Aan tafel was daar skaapvleis, slaaie, pap, groente, en allerhande lekker kosse.  ‘n Tannie wat saam met ons op die plaas gekuier het, het vir my sousbone opgeskep.  Dit het nie vreeslik lekker gelyk nie, en…

My haarkapper is ‘n Moslem. Ek het eenkeer vir hom gesê dat Jesus die Seun van God is.  Hy het vir my gesê:  ‘Die feit dat God sy lewensasem in Adam se neus ingeblaas het beteken nie dat hy die Seun van God is nie.  Daarom is dit ook nie nodig om te sê dat…

Wat maak partytjies lekker? Die mense vir wie jy lief is, is saam met jou.  Almal is gesellig en kuier saam.  Jy eet jou gunsteling kos en lekkernye.  Die persoon wat verjaar kry geskenke, en die ander geniet dit om te gee.   Volgens die Bybel is daar ‘n partytjie in die hemel wanneer iemand…

Enige jong kind is beïndruk as sy maatjie vir hom ‘n blink steentjie gee. Hy bêre dit in sy laai en dink dat dit iets werd is.  Dit lyk miskien vir hom soos ‘n diamant, maar dit is nie een nie.  Dit is so min werd soos die glas waarvan dit gemaak is.  Net so…

Toe ek Nelspruit gebly het was ek hiper-krities, negatief, en bitter. In die begin van 2004 het ek ‘n predikante konferensie bygewoon.  Een van die sessies het gehandel oor kritiek in die bediening.  In die begin van die sessie het ek gedink:  ‘Mense het dit al teen my gesê.’  Teen die middel van die sessie…

Toe ek op hoërskool was het my ma vir my geleer om God save the Queen op die klavier te speel.  Toe ons eenkeer by my ouma-hulle gaan kuier het, het ek voor die klavier gaan sit om die Britse volkslied te speel.  My oupa was onsteld en het vir my gesê:  ‘Daardie mense het…

Wie is ek? As die Ou Testament ‘n bergreeks is, is ek die hoogste piek.  Ek is die helderste ster in hemel van die Ou Testament, die kosbaarste juweel in haar skatkis.  Geen hoofstuk word meer in die Nuwe Testament aangehaal as ek nie.  Ek is meer as 700 v.C. geskryf, en is baie noukeurig…

My rifrug is 11 maande oud en staan 75 cm hoog by sy skouer. Hy ken net twee reaksies.  As jy gereeld by ons huis kom, sal hy jou in vrede los.  As hy jou nie ken nie, staan die hare op sy rif regop, blaf hy verwoedelik, en is hy gereed om jou te…

Van die heel begin af was die waarheid van wedergeboorte die fondasie van George Whitefield se prediking. Tydens sy bediening was geen preek meer populêr as hierdie een nie: The Nature and Necessity of our new birth in Christ Jesus.  As jy in 1739 vir iemand in Engeland gevra het:  ‘Wat glo George Whitefield en…

Verlede jaar het ek ‘n paar keer saam met drie mans in die strate gepreek. Die een man het ‘n baie sterk wettiese agtergrond.  Dit het hom uiteindelik ingehaal, sodat hy begin dink het hy het die onvergeeflike sonde gepleeg.  Hy het in ‘n inrigting beland.  Dit is vir Christene soos hý wat 1 Jh.5:13-21…

Page 12 of 18 1 10 11 12 13 14 18