Open/Close Menu Ken Christus, Maak Christus Bekend

  Paulus het ‘n paar boeke vol geskryf waarin hy die evangelie ontrafel het.  Die hele Romeine handel oor die teorie en praktyk van hierdie één onderwerp.  Ons moet egter nie net een aspek daarvan bestudeer nie, maar ook die geheelbeeld kry.  En dit gee Rm.1:17 vir ons.   God se geregtigheid Wat is die…

Was jy al ooit in ‘n winkel of ‘n restaurant waar jy kon hoor waaroor die mense langs jou gepraat het? Om dit reg te kry moet jy uitblok wat om jou aangaan.  En so wil ek vra dat jy vir ‘n oomblik die dinge wat jou aandag kan aftrek, sal uitblok.   Kom saam…

Oor bekering, doop en kerklidmaatskap Dit is aaklig om nie te weet wat jou baas, afrigter, familielid of onderwyser van jou verwag nie. Dit voel alewig asof hulle kwaad is vir jou.  ‘Het ek dit reg gedoen?’ wonder jy.  Maar jy weet nie, omdat hulle nie vir jou sê nie.  Gelukkig is die Here nie…

Die topverkoper-boeke in die geskiedenis sluit onder meer boeke soos die volgende in: A Tale of Two Cities deur Charles Dickens, J.K. Rowling se Harry Potter reeks en The Hobbit deur J.R.R. Tolkien.  Nie een van hulle kom egter naby die Bybel nie wat meer as 5 biljoen kopieë verkoop het nie.  En dan praat…

Toe ek op skool was het ons Zorro gekyk. Dié karakter het ‘n swart masker oor sy oë gedra.  Maar sy neus, mond, ken en Meksikaanse snorretjie het uitgesteek.  Ek het altyd gewonder hoekom die mense hom nie sonder sy masker kon uitken nie.  Dieselfde met Superman wat eweskielik anders lyk as hy nie sy…

Charles Spurgeon het eenkeer gepraat van die jong weduwee wat sukkel om haar vyf kinders groot te maak. ‘Sy voel ‘n veer vir ‘n ingewikkelde preek oor een of ander diep teologiese onderwerp,’ het hy gesê.  ‘Sy wil net bemoedig word en weet dat die Here haar nie verlaat het nie.’   Ek glo dat…

Vroeër vanjaar het ek met ‘n vrou gepraat wat vrae gehad het oor die lewe, die Here en die Bybel. Sy was verward, omdat haar pa aanhoudend deur die jare sy interpretasie van die Bybel verander het.   ‘Hoe kan ek weet wat reg is?’ het sy gevra. Dit is glad nie ‘n slegte vraag…

As iemand op iets versot is, dan sê ons dat hy dit eet, drink en slaap: sport, karre, tuinmaak, meisies, diere, rekenaars, fietsry, of watookal anders.  Volgens Paulus in Rm.12:1 moet elke Christen die aanbidding van God eet, drink en slaap.  Dit moet vir hom alles wees.  Dit moet die bril wees waardeur hy na…

Ek het al meer as eenkeer in my lewe gehoor hoe mense sê: ‘Die Here kan my nie vergewe nie.’  In Jh.7:53-8:11 wys die Here vir ons dat dit verkeerd is om so te dink.  Dit ís so dat hierdie gedeelte nie in die beste en oudste manuskripte van Johannes voorkom nie.[1]   Dit lyk…

Ek bely onbeskaamd dat ek in God se onvoorwaardelike uitverkiesing glo. Mense het my al hieroor aangevat, geweier om my te groet, gesê ek moet dit nie preek nie, en besluit om nie meer my vriend te wees nie.  Ek sal dit nie opsetlik preek om mense kwaad te maak nie, maar wanneer ek deur…

Page 11 of 18 1 9 10 11 12 13 18