Open/Close Menu Ken Christus, Maak Christus Bekend

In sy lied, Another day in Paradise, sing Phil Collins van hoe die ryk mense in ons samelewing die armes ignoreer.  Volgens hom moet ons twee keer dink en dankbaar wees vir die voorregte wat ons het:  ‘O, think twice… just another day for you and me in Paradise.’   Maar solank as wat daar…

Soms dink ons dat God se geduld nie grense het nie, maar dit het. In sommige gevalle gebeur dit dat mense Hom te ver druk en sy toorn breekpunt bereik.  Ons sien dit bv. toe Nadab en Abihu in die tabernakel gespeel het, en God vuur uit die hemel gestuur het om hulle dood te…

In April 2012 het ek ‘n artikel oor bloedlynvloeke geskryf en dit op die internet geplaas.[1]  Oor die afgelope vyf jaar was daar byna 7000 mense wat op die artikel afgekom het.  In September 2016 het ‘n vriend van my dit op hulle gemeente se Facebook-blad gedeel.  Binne ‘n kwessie van ‘n paar dae, het…

Drie Sondae gelede het ‘n klein seuntjie vir my gevra of ek Jesus is. Ek het gelag en mooi vir hom gesê dat ek nie Jesus is nie.  ‘Jesus is God en ek is net ‘n mens,’ het ek vir hom gesê.  As hy oud genoeg was om dié preek uit Jh.21 te volg, sou…

Wat is die Nuwe Eksodus? Dit klink soos ‘n kultus of Hollywood se verdraaiing van die geskiedenis van Moses en die Israeliete.  Toemaar, dit is nie; jy kan maar ontspan.  Dit is heeltemal Bybels.  Toe Jesus op die berg van verheerliking was, het Hy met Moses en Elia gepraat oor die uitgang wat Hy in…

In die 18de en 19de eeu het mense gesê dat hulle verlig geword het. Vir hulle was die mens se vermoeë om te redeneer alles.  Geen regdenkende mens kon meer in die ‘feëverhale’ van Jesus se opstanding en wonderwerke glo nie.   Maar die bewyse van sy opstanding is oorweldigend, sodat die skeptiese mense wat…

Goedheid en strengheid is so teenoorgestelde soos satyn en graniet. En tog vind ons dit in perfekte proporsie in die Persoon en karakter van Jesus Christus; Hy is die Leeu en die Lam.  In Op.14:14-20 het ons ‘n voorbeeld hiervan. ‘n Oes van verlossing (v.14-16) Op.14 praat van twee oeste. ‘n Man op ‘n wolk…

‘n Man het eenkeer sy predikant se woorde met my gedeel: ‘Jesus moet eers persoonlik aan ‘n predikant verskyn, voordat hy met gesag kan praat.’  Regtig?  Kan elke gelowige nie sê dat hy in die persoonlike ervaring van Jesus se opstanding deel nie?  Kan elke gelowige nie sê dat die opgestane Christus in sy hart…

Deur die jare het ek gesien hoe Christene in groot getalle saamtrek om vir reën te bid. Ek het al gesien hoe Christene vas dat hulle geliefdes tot bekering moet kom.  Verlede week het ek ‘n kort video gesien waarin ‘n boer vir Angus Buchan vra om die Christene bymekaar te roep om teen plaasmoorde…

Soos jy seker weet verkondig National Geographic se ateïste, Tukkies se liberale teoloë, Hindoes, Moslems en ander vals godsdienste ‘n weergawe van Jesus se kruisdood wat nie met die Bybel strook nie.   Op die ou end gaan dit oor die bron wat jy as gesaghebbend beskou. Vir die wêreld is hierdie bronne godsdienstige boeke,…

Page 10 of 18 1 8 9 10 11 12 18