Christene en die wêreld

Romeine 13:8-14 ‘n Bekende gesegde lui: ‘Ons is in die wêreld, maar nie van die wêreld nie.’ Wat beteken dit? Dit beteken dat ons nie monnike is wat onsself heeltemal uit die wêreld onttrek nie. Ons woon en werk tussen ongelowiges om die lig van Jesus voor hulle te skyn. Ons sondig egter nie saam met hulle nie. …

Lees meer Christene en die wêreld

Advertisements

Is dit nodig om jou sonde te bely?

Matteus 6:12 In sy boek Destined to Reign, sê Joseph Prince dat jy nie jou sonde hoef te bely om vergewe te word nie en dat sonde nie jou verhouding met die Here affekteer nie [Destined to Reign (Tulsa, Oklahoma: Harrison House Publishers, 2007, 2011), 53]. ‘Maar wat van 1Joh. 1:5-10 wat sê dat sonde jou verhouding met die …

Lees meer Is dit nodig om jou sonde te bely?

Hoe moet jy jou vyande liefhê?

Romeine 12:14 & 17-21 ‘n Paar weke gelede het ds. Riaan de Villiers van die Groote Kerk in Kaapstad vir die Moslems gebid, nadat 28-jarige Brenton Tarrant vyftig van hulle in Christchurch, Nieu-Seeland, doodgeskiet het. Niemand het ‘n probleem gehad dat hy vir hulle gebid het nie, maar dat hy hulle ‘kinders van God’ genoem het. Sommige mense het hom aangevat, …

Lees meer Hoe moet jy jou vyande liefhê?

’n Model gemeente

1Tessalonisense 1 Het jy al iemand gehoor sê: ‘As jy die perfekte kerk vind, moet jy asb. daar aansluit nie; jy sal dit opmors’? Die punt is dit: daar is nie ‘n perfekte kerk op aarde nie. Maar daar is model gemeentes wie se voorbeeld jy kan volg. In baie opsigte is my skoonma se kerk so ‘n gemeente. Hulle is sterk in …

Lees meer ’n Model gemeente

Die klimaks van die evangelie

Romeine 11:33-36 Rom. 11:33-36 is Berg Everest van die evangelie. Dit is Mont Blanc in die Switserse Alpe. Dit is God’s Window in Mpumalanga. As ons die hoogste pieke van die evangelie klim, sien ons God se heerlikheid. Rom. 11:33-36 is die klimaks van die evangelie waarheen Paulus van hfst. 1 af gewerk het. Wat is hierdie klimaks van die …

Lees meer Die klimaks van die evangelie

Die ware rede hoekom mense verlore gaan

Romeine 9:30-10:21 ‘n Man het eenkeer in reaksie op een van my preke vir my ‘n e-pos gestuur. Hy het gesê dat mense nie op grond van hulle goeie werke hemel toe gaan nie. Ek het hom verseker dat ek hiermee saamstem. Hy het verder gesê dat mense nie hel toe a.g.v. hulle sonde nie. Hiermee …

Lees meer Die ware rede hoekom mense verlore gaan