Romeine 13:8-14 ‘n Bekende gesegde lui: ‘Ons is in die wêreld, maar nie van die wêreld nie.’ Wat beteken dit? Dit beteken dat ons nie monnike is wat onsself heeltemal uit die wêreld onttrek nie. Ons woon en werk tussen ongelowiges om die lig van Jesus voor hulle te skyn. Ons sondig egter nie saam met hulle nie. …
Kategorie: Wereld
Christelike logika
Romeine 12:1-2 ‘n Vriend het eenkeer vir my gevra: ‘Is God altyd logies?’ Ek het aan dinge soos die Drie-Eenheid gedink en ‘nee’ geantwoord. Hy het gesê: ‘God het logika geskep en is altyd logies. Die feit dat iets vir ons nie sin maak nie, beteken nie Gód is onlogies nie. Ons is dié wat onlogies …
Die oplossing vir ons land se probleme
Daar bestaan iets soos ‘n vals optimisme. Dit gebeur wanneer iemand dink hy kan sy probleme oplos deur te sê dat dit nie daar is nie. Maar dit is. Die oplossing is nie om positief te dink en ‘lewe te spreek’ nie. Dit geld ook vir die probleme in Suid-Afrika. Soos ‘n goeie dokter diagnoseer …
Hoe sien God die wêreld?
Die bekendste vers in die Bybel leer vir ons dat God die wêreld liefhet, en dat Hy aarde toe gekom het om ons te red (Jh.3:16-17). Maar die wêreld verwys ook na goddelose mense wat agter die duiwel aanloop (Ef.2:2, 1 Jh.5:19). Die wêreld haat vir God, en daarom wil Hy nie hê dat ons …
Is jy deel van die Nuwe Eksodus?
Wat is die Nuwe Eksodus? Dit klink soos ‘n kultus of Hollywood se verdraaiing van die geskiedenis van Moses en die Israeliete. Toemaar, dit is nie; jy kan maar ontspan. Dit is heeltemal Bybels. Toe Jesus op die berg van verheerliking was, het Hy met Moses en Elia gepraat oor die uitgang wat Hy in …
‘n Waarskuwing aan gelowiges
Het iemand jou al ooit in die rug gesteek? Dit is erg dat die persoon jou seergemaak het, maar wat dit erger maak is dat jy dit nie verwag het nie. Om dan te keer dat ons omkant gevang word, het Jesus in Jh.15:18-16:4 gewaarsku dat die wêreld ons gaan haat. Die wêreld se …
Die wêreld se haat vir Jesus
Hoekom is dit dat mense wat in die filmbedryf werk nie Vishnu, Krishna, Buddha, Allah, Mohammed of ander godsdienstige karakters se name as ‘n vloekwoord gebruik nie? Hoekom gebruik hulle Jesus se Naam; hoekom laster hulle Hom? Is dit nie juis omdat Hý die ware God is, en omdat hulle Hom haat nie? In Jh.7:1-24 …