’n Waarskuwing teen geestelike selfmoord

Hebreërs 10:26-39 Om te hoor dat iemand selfmoord gepleeg het, is ’n groter skok as om te hoor dat iemand dood is. Dit is dieselfde met geestelike selfmoord. Die dissipels was seker geskok dat Judas vir Jesus verraai het. Ek was geskok toe ek hoor dat Joshua Harris sy rug op Jesus gedraai het. Omdat …

Lees meer ’n Waarskuwing teen geestelike selfmoord

Die onvergeeflike sonde

Hebreërs 6:1-8 Die sonde waarvan ons in Heb. 6 lees, is dieselfde as die onvergeeflike sonde, of die sonde teen die Heilige Gees waarvan ons in Matt. 12:32 lees. Wat is hierdie sonde en hoe weet jy of jy dit gepleeg het?   1. Aanmoediging (v.1-3) Almal het al gesien hoe ouers ‘n baba aanmoedig …

Lees meer Die onvergeeflike sonde

Dodelike ongeloof

Hebreërs 3:7-19 Die NG Kerk se liberale teologie en -praktyke is die skande van die Kerk in Suid-Afrika. Die NG Kerk se teologiese fakulteite (Tukkies en Stellenbosch) glo lankal nie meer die Bybel nie. Hulle ontken die maagdelike geboorte, Jesus se liggaamlike opstanding en ander basiese waarhede van die Christelike geloof. Die onlangse Sinode van …

Lees meer Dodelike ongeloof

Hoe om te keer dat jy wegdryf

Hebreërs 2:1-4 Toe ons twee jaar gelede in Jeffeys Baai was, het my kinders naby ‘n gevaarlike rypstroom [Eng. rip current] geswem. Ons het dit nie geweet nie, totdat ‘n man ons genader het en vir ons gesê het: ‘Jou kinders moenie hier swem nie. Voor jy dit weet, trek hierdie stroom hulle 50 meter …

Lees meer Hoe om te keer dat jy wegdryf

Die pad na afvalligheid en hoe om herstel te word

Romeine 11:17-24 Ernie Reisinger se seun het bely dat hy die Here ken. Hy het die vrug van bekering gedra en was betrokke in die kerk. Daarna het hy egter vir meer as ‘n dekade afvallig geraak. Op die einde het hy na die Here toe teruggedraai en Hom getrou gedien [Geoffrey Thomas, Ernest C. Reisinger: A …

Lees meer Die pad na afvalligheid en hoe om herstel te word

’n Kans om jou te bekeer

Dalk dink jy hieride preek is nie vir jou nie. Maar jy kan dit net ignoreer as jy perfek is, altyd naby Here, en nooit wegdwaal nie. Ek het oor die afgelope paar maande besef dat dit nie net prostitute, dwelmhandelaars en naakte barbare êrens op ‘n eiland is wat hulp nodig het nie. Daar is sonde in ons eie gemeente, onder …

Lees meer ’n Kans om jou te bekeer

Wat wettiesisme so gevaarlik maak

Romeine 7:7-13 Wat is wettiesisme? Dit is nie wanneer iemand sê hy kyk nie lelike films nie, hou by die spoedgrens, of gebruik nie alkohol nie. Dit gaan eerder oor iemand wat dink dat hy die hemel verdien, omdat hy die wet na die beste van sy vermoeë gehoorsaam. Dit is soos iemand wat eenkeer vir my gesê het: ‘Ek wil die …

Lees meer Wat wettiesisme so gevaarlik maak

Die vernedering en verhoging van Jesus Christus

Nog nooit het enigiets of iemand homself laer verneder as Jesus Christus nie. En nog nooit het God enigiets of iemand hoër verhef as Jesus Christus nie. Hy het laer gedaal as die seebodem en die stof, en hoër gestyg as berg Everest, die sterre en die hoogste hemel. Jes. 49:1-7 wys dit vir ons.   Sy geboorte …

Lees meer Die vernedering en verhoging van Jesus Christus

‘n Waarskuwing aan Edomiete en Afrikaners

‘n Groot groep mans, vroue en kinders wil deur Suid-Jordanië reis.  ‘Kan julle asb. vir ons ‘n bietjie water gee?’ vra hulle: ‘ons sal daarvoor betaal.’  Die mense weier en dreig hulle met die dood (Num. 20:14-21).  Die groep het omgedraai en verder gereis.   Toe hulle by hulle bestemming kom, het die mense van …

Lees meer ‘n Waarskuwing aan Edomiete en Afrikaners

‘n Boodskap oor vermetelheid en dronkenskap

Tydens een aanddiens het ‘n dronk vrou aanhoudend die preek onderbreek.  ‘Amen!  Ja, is pastoor!  Amen!’ het sy gesê.  By drie ander geleenthede het mense wat vol van dwelms was my straat prediking geopponeer.  Een man het my gevloek, ‘n ander een met my sleggesê, en die ander een het uitgeroep dat ons nie van …

Lees meer ‘n Boodskap oor vermetelheid en dronkenskap

Die hemel se volkslied

Die wêreld weet nie wat halleluja beteken nie.  Jare gelede was daar ‘n populêre lied wat gesê het:  ‘It’s raining men, hallelujah!’  In sommige kerke dink mense nie mooi voordat hulle ‘halleluja’ of ‘amen’ sê nie.  Ek het ‘n diens bygewoon waarin mense ‘amen!’ geroep het toe die spreker sê:  ‘Ons staan agter op ‘n …

Lees meer Die hemel se volkslied

‘n Oop brief aan dooie kerke

Ek onthou ‘n artikel wat ek tydens my bediening in Nelspruit gelees het: ‘Revival and the Unregenerate Church Member’ deur Jim Eliff.  Die artikel het gepraat van soldate wat dooie troepe met hulle moet saamsleep.  ‘So is ongeredde lidmate,’ het die skrywer van die artikel gesê.   Hoeveel ongeredde lidmate is daar nie vandag in …

Lees meer ‘n Oop brief aan dooie kerke