Gemeentelewe in die grendelstaat

1Petrus 4:7-11 Uit die aard van die saak kan ons nie bymekaar kom soos gewoonlik nie. En tog bly ons ’n gemeente. Wat sal ons doen om effektief gemeente te wees gedurende hierdie tyd?   1. Gebed (v.7) Soos jy weet mag mense nie drank verkoop tydens die grendelstaat nie. Gevolglik brou sommige mense hulle …

Lees meer Gemeentelewe in die grendelstaat

Christene, Covid-19 en die Ekonomie

Ses Redes Hoekom Christene Nie Covid-19 Se Impak Op Die Ekonomie Moet Vrees Nie Lukas 12:22-34 Covid-19 het reeds ’n impak op ons gemeente gemaak. Een persoon se salaris is met 20% gesny. ’n Ander een kry minder geld tydens die grendelstaat [Eng. lockdown]. Nóg ’n persoon kry glad nie betaling vir die vyf weke …

Lees meer Christene, Covid-19 en die Ekonomie

Wat moet ons met ongelowige familie maak?

Almal van ons het ongeredde familie: ’n lewensmaat, een of beide ouers, ’n kind of kleinkind, jou grootouers, broers, susters, ooms, tannies, niggies, neefs, of skoonfamilie. In baie gevalle is dit moeiliker om die evangelie met húlle te deel as met ’n vreemdeling. Hulle ken jou immers goed en weet van jou verlede. Dit is …

Lees meer Wat moet ons met ongelowige familie maak?

Die Praktiese Implikasies van Paasfees

2Korintiërs 5:11-21 Ons moet nooit die Bybel lees om net meer kennis in ons koppe die kry nie. Ons doel moet altyd wees om meer kennis te kry, sodat ons reg kan lewe. Dit is immers die rede hoekom God ons sy Woord gegee het, naamlik om reg te lewe (Deut. 29:29b). Daarom is die …

Lees meer Die Praktiese Implikasies van Paasfees

Goeie Vrydag en die Eindtyd

Sagaria 3 Vir die eerste keer in my lewe is daar nie ’n erediens op Goeie Vrydag nie. Saam met die kwessie van die Koronavirus en ’n paar ander dinge, sien party mense dit as ’n teken van die einde. Ek weet nie of hulle reg is nie en tog sien ek ’n verwantskap tussen …

Lees meer Goeie Vrydag en die Eindtyd

’n Christelike reaksie op die Koronavirus

Luister na die Diens Habakuk 3 Mense reageer verskillend op die Koronavirus. Voor die grendelstaat [Eng. lockdown] het baie mense paniek aankope gedoen. Ander het ’n traak-my-nie-agtige houding. Ander is fatalisties en sê: ‘As ek die virus kry, kry ek dit. Ek gaan my nie laat inperk nie.’ Ander besluit om teen die regering te …

Lees meer ’n Christelike reaksie op die Koronavirus

Kan Psalm 91 Covid-19 keer?

Luister na die Diens Psalm 91 My tema klink ’n bietjie soos die vraag: ‘Slaan jy nog jou vrou?’ As jy ‘nee’ sê, beteken dit dat jy haar geslaan hét. As jy ‘ja’ sê, beteken dit dat jy haar wél slaan. Die vraag is dus eintlik ’n strikvraag. Dit is dieselfde met my tema: Kan …

Lees meer Kan Psalm 91 Covid-19 keer?

God se hand agter die Koronavirus

Luister na die Diens 2Samuel 24 Sonder om die titel te sien, kan jy aflei waaroor ’n boek gaan deur te kyk na watse woorde herhaal word. As jy byvoorbeeld in elke vierde sin die woord ‘krieket’, of ‘Rolls Royce’ sien, weet jy dat dit die outeur se punt is. Ons vind dit ook in …

Lees meer God se hand agter die Koronavirus

Wat leer die Koronavirus ons van God?

Luister na die Diens 1Samuel 5:1-7:2 Ek het hierdie week ’n WhatsApp gekry wat sê: ‘Ons moenie die idee kry dat die Koronavirus van God af kom nie.’ Is dit waar?   1. Hy is die enigste God (5:1-12) My haarkapper is oortuig dat Allah die ware God is. Ek het vir hom gesê dat …

Lees meer Wat leer die Koronavirus ons van God?

Werkverwante Probleme: Versoeking en Vervolging

Genesis 39 John MacArthur vertel van ’n vrou wat hom eenkeer ’n brief by die deur gegee het. Toe hy die brief oopmaak, toe staan daar dat sy hom graag alleen by haar huis wil sien. Hy het onmiddellik iemand agter haar aangestuur en gevra dat hulle haar van die perseel af moet verwyder en …

Lees meer Werkverwante Probleme: Versoeking en Vervolging

Hoe om oor die Koronavirus te bid

Luister na die Diens Matteus 6:9-13 Teen hierdie tyd weet die hele wêreld van die Koronavirus. Teen die tyd wat ek hierdie boodskap bring, sal die sterftesyfer bo 9000 wees. Die tragiese deel is dat die meeste mense wat aan die virus sterf nie die Here ken nie. Baie van hulle moet ook alleen sterf, …

Lees meer Hoe om oor die Koronavirus te bid

Werkverwante Probleme: Stres en Uitbranding

2Korintiërs 4:7-18 Die meeste mense werk vandat hulle in hulle vroeë 20’s is, totdat hul 65 is. Dit beteken dat jy vir ’n goeie 40 tot 45 jaar van jou lewe werk. Gevolglik is baie van die probleme waarmee jy sukkel ook werkverwant. Een van daardie probleme is stres en uitbranding. Volgens Spr. 18:14 is …

Lees meer Werkverwante Probleme: Stres en Uitbranding

Emosionele Probleme: Selfliefde

Filippense 3:3-9 Volgens die wêreld moet jy jouself liefhê, vir jouself sê hoe wonderlik jy is en jou omring met mense wat jou waardeer en vir jou sal sê dat jy spesiaal is. Daar is glad nie ’n tekort hieraan nie. Een outeur sê dat sy nagklere met hierdie woorde daarop gesien het (nogal agterstevoor, …

Lees meer Emosionele Probleme: Selfliefde

Emosionele Probleme: Ongeduld

Jakobus 5:7-11 Ons lewe in ’n kits samelewing waar mense nie wil wag nie. As dinge nie teen jóú pas en volgens jóú voorkeure gebeur nie, dan raak jy ongeduldig. As die winkel jou nie dadelik help nie, ry jy na ’n ander winkel toe. Ons raak ongeduldig as ons iemand bel en hulle nie …

Lees meer Emosionele Probleme: Ongeduld

Emosionele Probleme: Selfbejammering en Woede

Jona 4 Toe ek ’n kind was, het ek die volgende grappie gehoor: ‘What’s big, green and sits in a corner? The Incredible Sulk.’ Ek het nie geweet wat dit beteken nie. My pa het vir my verduidelik dat ‘sulk’ of ‘self-pity’ die Engelse woord selfbejammering is en dat die grappie op The Incredible Hulk …

Lees meer Emosionele Probleme: Selfbejammering en Woede