Lukas 6:43-45 Saartjie kry gereeld hoofpyne. Hoe moet sy haar probleem oplos? Moet sy hoofpyn pille drink? Dit sou nie verkeerd wees nie, maar ek het nagelaat om vir jou te sê dat sy nét hoofpyne kry as sy op haar rekenaar werk. Wat is fout? Sy het waarskynlik ‘n probleem met haar oë en moet ‘n bril kry. Om hoofpyn pille te drink …
Kategorie: Mens
Wat maak ons groter as die engele?
Hebreërs 2:10-18 Volgens die Bybel (Ps. 78:49, ESV) het God ‘n groep engele gestuur om Egipte deur die tien plae te verwoes. Hulle het die land platgevee, sodat daar niks oorgebly het nie. Die engele is dus baie magtig. En tog sal die mens in Christus eendag groter wees as die engele (Heb. 2:5-9). In watse opsig sal …
Jesus is groter as die engele
Hebreërs 2:5-9 ‘n Groep Joodse gelowiges in die eerste eeu was versoek om die rug op Jesus te draai en terug te keer na die Ou Testamentiese rituele en offers; na die wet wat deur engele aan Moses gegee is (Heb. 2:2, Hand. 7:53, Gal. 3:19). Die Hebreërskrywer wou hulle waarsku om dit nie te doen nie. …
Volkome heiligmaking
1Tessalonisense 5:23-28 Om heilig te wees beteken dat God jou uit die wêreld afsonder om vir Hom te lewe. Heiligmaking verwys na die proses waardeur jy al hoe minder vir die wêreld lewe en al hoe meer vir die Here. God gee aan jou die begeerte en die vermoë om so te lewe, terwyl jý dit moet …
Hoop vir die hopelose
Romeine 15:13 Wat bedoel ons met hoop? In Afrikaans gebruik ons die woord as ‘n term van onsekerheid: ‘Ek hoop nie dit reën Saterdag nie... Ek hoop my seun word vir die span gekies.’ Die woordeboek definieer dit egter as ‘verwagting’. Omdat jy oortuig is iets gaan gebeur, sien jy met hoop of verwagting daarna uit. Bybelse hoop …
Hoe moet jy jou vyande liefhê?
Romeine 12:14 & 17-21 ‘n Paar weke gelede het ds. Riaan de Villiers van die Groote Kerk in Kaapstad vir die Moslems gebid, nadat 28-jarige Brenton Tarrant vyftig van hulle in Christchurch, Nieu-Seeland, doodgeskiet het. Niemand het ‘n probleem gehad dat hy vir hulle gebid het nie, maar dat hy hulle ‘kinders van God’ genoem het. Sommige mense het hom aangevat, …
Wat is ware liefde?
Romeine 12:9-13, 15-16 Ek het een keer met ‘n man en sy meisie gaan praat wat saam geslaap het en net so hard met mekaar baklei het. ‘Ons is regtig lief vir mekaar,’ het hy gesê. ‘Julle weet nie wat liefde is nie,’ het ek geantwoord. ‘As julle mekaar liefgehad het, sou julle nie so baklei …