Open/Close Menu Ken Christus, Maak Christus Bekend

Romeine 15:14-21 ‘n Pionier sendeling of -evangelis, is iemand wat baanbreker werk doen. Hy of sy is die eerste persoon wat die nuwe grond van ‘n onbereikte omgewing omploeg om die goeie saad van die evangelie daar te saai. Met ‘n onbereikte omgewing verwys ons nie na mense wat die evangelie binne hulle bereik het…

Matteus 6:10a Baie Christene dink nie wyer as hulle eie behoeftes en probleme wanneer hulle bid nie. Hulle bid m.a.w. nie volgens Jesus se patroon in die Onse Vader nie. Hulle bid skaars of nooit vir die koms van God se Koninkryk deur Bybelse prediking, sending, evangelisasie, bekerings, herlewing en die wederkoms nie. Hulle prioriteite in gebed is verkeerd. Laat ons dan leer om God…

My vrou moes my al terughou en vir my sê dat ek nie die wêreld se probleme kan oplos nie.  Sy is reg.  Maar die Messias kan.  As armoede die wêreld se grootste probleem was kon ons vir Jeff Bezos, Bill Gates en Mark Zuckerberg vra om dit op te los.  Maar daar is groter…

‘n Tydjie gelede het ‘n ek en twee ander mans gesels oor die oorsprong van velkleure, oë, en neuse in verskillende nasies.  ‘Hoe het dit begin?’ het ons gevra.  Genesis 10:1-11:9 gee die antwoord.   Nasies (Genesis 10) Sommige van die name in hierdie hoofstuk is vaag.  Kommentators verskil oor waar party van die plekke…