Prioriteite in gebed

Matteus 6:10a Baie Christene dink nie wyer as hulle eie behoeftes en probleme wanneer hulle bid nie. Hulle bid m.a.w. nie volgens Jesus se patroon in die Onse Vader nie. Hulle bid skaars of nooit vir die koms van God se Koninkryk deur Bybelse prediking, sending, evangelisasie, bekerings, herlewing en die wederkoms nie. Hulle prioriteite in gebed is verkeerd. Laat ons dan leer om God … [Lees verder…]

Vyf kenmerke van ’n ware prediker

1Tessalonisense 2:1-12 Met ‘n ‘ware prediker’ verwys ek nie net na predikante nie. Ek bedoel ook sendelinge, evangeliste en Christelike werkers; enigiemand wat die evangelie ‘voltyds’ verkondig. Die vyf kenmerke van 1Tess. 2:1-12 sal jou help om te weet of die Here jou dalk geroep het om ‘n prediker te wees. Dit sal jou help om te … [Lees verder…]

’n Model gemeente

1Tessalonisense 1 Het jy al iemand gehoor sê: ‘As jy die perfekte kerk vind, moet jy asb. daar aansluit nie; jy sal dit opmors’? Die punt is dit: daar is nie ‘n perfekte kerk op aarde nie. Maar daar is model gemeentes wie se voorbeeld jy kan volg. In baie opsigte is my skoonma se kerk so ‘n gemeente. Hulle is sterk in … [Lees verder…]

Gebruik jou gawe

Romeine 12:6-8 In sommige kerke wil almal in tale praat, profeteer, of siek mense genees, en wil hulle nie hulle unieke gawes gebruik nie. In party tradisionele kerke beskou mense Christenskap as ‘n toeskouersport waarin hulle die dominee betaal om die werk te doen. Maar volgens Paulus is die gemeente ‘n liggaam en moet elkeen sy gawe gebruik. Wat is hierdie gawes en hoe … [Lees verder…]

Die klimaks van die evangelie

Romeine 11:33-36 Rom. 11:33-36 is Berg Everest van die evangelie. Dit is Mont Blanc in die Switserse Alpe. Dit is God’s Window in Mpumalanga. As ons die hoogste pieke van die evangelie klim, sien ons God se heerlikheid. Rom. 11:33-36 is die klimaks van die evangelie waarheen Paulus van hfst. 1 af gewerk het. Wat is hierdie klimaks van die … [Lees verder…]

Die ware rede hoekom mense verlore gaan

Romeine 9:30-10:21 ‘n Man het eenkeer in reaksie op een van my preke vir my ‘n e-pos gestuur. Hy het gesê dat mense nie op grond van hulle goeie werke hemel toe gaan nie. Ek het hom verseker dat ek hiermee saamstem. Hy het verder gesê dat mense nie hel toe a.g.v. hulle sonde nie. Hiermee … [Lees verder…]