2Tessalonisense 1:1-4 Een van my vriende het onlangs van sy 7-jarige seun gesê: ‘Dit is oulik dat hy nie die letter R kan sê nie. Ek wens dit wil altyd so bly. Aan die ander kant sal dit seker nie oulik wees as hy op 25 ‘n meisie vra om met hom te twou nie.’ Daar is …
Kategorie: Kerk
Die aanneemlike offers van geld en gebed
Romeine 15:22-33 Wanneer kinders klein is, gee hulle vir jou vreemde geskenke. Hulle sal bv. ‘n geskenksakkie laai met koper munte, ‘n ou horlosie, ‘n verlepte roos, ‘n prentjie wat hulle ingekleur het en ‘n Lego mannetjie. Omdat hulle dit egter opreg bedoel, waardeer jy dit meer as die boks sjokolade, of die bos blomme van …
Pionier evangelisasie
Romeine 15:14-21 ‘n Pionier sendeling of -evangelis, is iemand wat baanbreker werk doen. Hy of sy is die eerste persoon wat die nuwe grond van ‘n onbereikte omgewing omploeg om die goeie saad van die evangelie daar te saai. Met ‘n onbereikte omgewing verwys ons nie na mense wat die evangelie binne hulle bereik het …
Geestelike eenheid
Romeine 15:1-12 Wat maak ‘n krieketklub een? Almal hou van dieselfde sport. Wat maak ‘n Ferrari Eienaarsklub een? Almal ry dieselfde karre. Ons kan aanhou en praat van die eenheid van skole, nasies en ander groepe. In elkeen van hierdie groepe is daar ‘n algemene faktor wat hulle saambind. Dit is ook waar van die kerk, maar daar …
Spanning in die gemeente en hoe om dit op te los
1Tessalonisense 5:12-15 As jy twee klippe teen mekaar kap, is daar vonke. En waar twee sondaars bymekaar kom, sal jy spanning hê. Selfs as jy soos ‘n monnik op jou eie in die woestyn bly, sal jy spanning in jou hart hê. As jy nooit spanning het nie, is dit omdat jy in die hemel …
Christenwees by die kerk en by die werk
1Tessalonisense 4:9-12 ‘n Paar jaar gelede was ek by die begrafnis van ‘n man wat ek geken het toe hy nog in die laerskool was. Ek het hom nooit daarna gesien nie. ’n Vrou by die begrafnis het gesê dat die mense by sy werk kon sien dat hy ’n Christen is. Dit was ook Paulus se …
Die ideale herder
1Tessalonisense 3:6-13 Ek het ‘n skets gesien wat die ideale leraar uitbeeld. Hy is so sterk soos Simson, so wys soos Salomo, so dapper soos Dawid, so geduldig soos Job, so vaardig soos Lukas, so volhardend soos Moses en so rats soos Saggeus. By ‘n konferensie het die prediker gesê: ‘Gee my die voete van ‘n Jehova’s Getuie, ‘n Moslem se maag, …
’n Herder se hart vir die gemeente
1Tessalonisense 2:17-3:5 Omdat ek self ‘n leraar is, gesels ek baie met ander leraars. Uit my gesprekke met hulle, asook uit my eie ervaring, weet ek hoe ‘n herder dink en voel. Hy wíl by die gemeente wees. As hy hulle vir ‘n lang tyd nie by die kerk sien nie, pla dit hom. Hy …
Prioriteite in gebed
Matteus 6:10a Baie Christene dink nie wyer as hulle eie behoeftes en probleme wanneer hulle bid nie. Hulle bid m.a.w. nie volgens Jesus se patroon in die Onse Vader nie. Hulle bid skaars of nooit vir die koms van God se Koninkryk deur Bybelse prediking, sending, evangelisasie, bekerings, herlewing en die wederkoms nie. Hulle prioriteite in gebed is verkeerd. Laat ons dan leer om God …
Twee reaksies op die Bybel
1Tessalonisense 2:13-16 Wanneer die tuindienste op ‘n Vrydag by ons huis is, wil ons hond deur die hek breek en hulle verskeur. As ons na ‘n vakansie by die huis kom, waai hy nie net sy stert nie, maar sy hele lyf. Hy spring, tjank, dans en draai in die rondte. Wanneer hy vir ‘n besoeker blaf …
Vyf kenmerke van ’n ware prediker
1Tessalonisense 2:1-12 Met ‘n ‘ware prediker’ verwys ek nie net na predikante nie. Ek bedoel ook sendelinge, evangeliste en Christelike werkers; enigiemand wat die evangelie ‘voltyds’ verkondig. Die vyf kenmerke van 1Tess. 2:1-12 sal jou help om te weet of die Here jou dalk geroep het om ‘n prediker te wees. Dit sal jou help om te …
’n Model gemeente
1Tessalonisense 1 Het jy al iemand gehoor sê: ‘As jy die perfekte kerk vind, moet jy asb. daar aansluit nie; jy sal dit opmors’? Die punt is dit: daar is nie ‘n perfekte kerk op aarde nie. Maar daar is model gemeentes wie se voorbeeld jy kan volg. In baie opsigte is my skoonma se kerk so ‘n gemeente. Hulle is sterk in …
Gebruik jou gawe
Romeine 12:6-8 In sommige kerke wil almal in tale praat, profeteer, of siek mense genees, en wil hulle nie hulle unieke gawes gebruik nie. In party tradisionele kerke beskou mense Christenskap as ‘n toeskouersport waarin hulle die dominee betaal om die werk te doen. Maar volgens Paulus is die gemeente ‘n liggaam en moet elkeen sy gawe gebruik. Wat is hierdie gawes en hoe …
Die aanbidding wat God soek
Jesaja 66 Sommige mense het die idee dat enige aanbidding vir die Here aanneemlik is, solank dit opreg is. Dit is eenvoudig nie waar nie. Wat het gebeur toe Ussa die Here opreg aanbid het, maar nie volgens sy Woord gehandel het nie? Hy het gesterf (2Sam. 6:7). Ander dink weer dat die Here tevrede …
Ek glo in die kerk
Romeine 12:3-5 Dalk maak my tema jou die hoenders in. ‘Ek glo in Jesus en nie in die kerk nie,’ sê jy. Maar wie is die Jesus in wie jy glo? Is Hy nie die Hoof van die kerk nie? In die Bybel lees ek van die kerk as “die volheid van Hom wat alles in …
Die klimaks van die evangelie
Romeine 11:33-36 Rom. 11:33-36 is Berg Everest van die evangelie. Dit is Mont Blanc in die Switserse Alpe. Dit is God’s Window in Mpumalanga. As ons die hoogste pieke van die evangelie klim, sien ons God se heerlikheid. Rom. 11:33-36 is die klimaks van die evangelie waarheen Paulus van hfst. 1 af gewerk het. Wat is hierdie klimaks van die …
Die sleutel tot kerkgroei
Jesaja 62 Enigiemand kan ‘n kerk groei. Al wat jy nodig het is die regte musiek, vermaak vir jonk en oud, beloftes van voorspoed en sukses, ’n vriendelike atmosfeer, positiewe en kort preke wat sag op die oor val. Maar dan is dit nie ‘n kerk in die Bybelse sin van die woord nie. Met kerkgroei …
Die ware rede hoekom mense verlore gaan
Romeine 9:30-10:21 ‘n Man het eenkeer in reaksie op een van my preke vir my ‘n e-pos gestuur. Hy het gesê dat mense nie op grond van hulle goeie werke hemel toe gaan nie. Ek het hom verseker dat ek hiermee saamstem. Hy het verder gesê dat mense nie hel toe a.g.v. hulle sonde nie. Hiermee …
Hoe om aan te hou in 2019
Hebreërs 12:1-2 Op 5 Des. 2018 het ons ons Bybelstudie afsluiting gehou. Na die ete het elkeen ‘n kans gekry om te sê wat hy hierdie jaar geleer het. Byna elke persoon het begin met die woorde: ‘2018 was ‘n moeilike jaar...’ Met drie sterftes (in ‘n gemeente van 70 voel jy dit!) en ‘n spul ander …
Ek glo in Kersfees
1Timoteus 3:16 Ek bedoel nie dat ek in Kersvader en sy takbokke of elwe glo nie. Ek bedoel eerder dat ek in die God glo wat mens geword het. Jesus se menswording en die res van die Bybel se lering oor Hom is sentraal tot die Christelike geloof. Dit bepaal hoe jy lewe. 1Tim. 3:16 sal vir …